Die Israel-museum (Hebreeus: מוזיאון ישראל, Muze'on Yisrael) in Jerusalem is in 1965 as Israel se nasionale museum gestig. Dit is op 'n heuwel in die weste van Jerusalem, naby die parlementsgebou (Knesset) en die Nasionale Kampus vir die Argeologie van Israel, geleë.
Die museum het 'n oppervlakte van sowat 50 000 m², insluitende 'n tuin van 24 000 m², en word jaarliks deur byna een miljoen belangstellendes besoek.
Die museum behels vier afdelings: die Kunsafdeling met die Billy-Rose-kunstuin, die Afdeling vir Judaica en Joodse etnografie, die Argeologiese Afdeling met die Heiligdom van die Boek waar enkele van die Dooie See-rolle bewaar word, en die Jeugafdeling.
Galery
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van die Israel Museum
Kategorie:Jerusalem Kategorie:Museums in Israel