Sophokles ook Sofokles (Grieks: Σοφοκλῆς, Sophoklēs, ; 497/6 – winter 406/5 v.C.) is een van drie klassieke Griekse tragici wie se toneelstukke behoue gebly het. Sy eerste toneelstukke is geskryf ná die van Aischulos en vroeër of in dieselfde tydperk as Euripides se toneelstukke. Volgens die Suda , ’n tiende-eeuse ensiklopedie, het Sophokles 123 toneelstukke in sy leeftyd neergepen. Net sewe van die toneelstukke het egter in hul geheel behoue gebly: Ajaks, Antigone, Die vroue van Trachis, Koning Oidipus, Elektra, Philoktetes en Oidipus by Kolonos. Vir nagenoeg 50 jaar was Sophokles die mees gevierde dramaturg by toneelkompetisies tydens die Atheense stadstaat se godsdiensfeeste – die Lenaia en Dionysia. Hy neem deel aan ongeveer 30 kompetisies, wen 24 daarvan, en word nooit laer beoordeel as tweede plek nie. Aeschylus wen 14 kompetisies en is in ’n paar gevalle deur Sophokles getroef, terwyl Euripides slegs 4 kompetisies kon wen. Sophokles se bekendste tragedies sluit in Oidipus en Antigone: hulle staan algemeen bekend as die Thebaanse toneelstukke, hoewel elkeen onderskeidelik deel vorm van ’n tetralogie waarvan die ander dramas verlore is. Hy het ’n groot invloed gehad op die ontwikkeling van drama, vernaam deur die insluiting van ’n derde akteur. Hierdeur word die koor se rol in die voorstelling van die plot verklein. Hy ontwikkel ook sy karakters tot ’n groter mate as vorige dramaturge soos Aischulos.

Lewe duimnael|links|’n Marmerreliëf van ’n digter, moontlik Sophokles Sophokles, die seun van Sophilos, was ’n welgestelde lid van die landelike dêmos van Kolonos in Attika. Dit sou ook ’n toneelskikking vir een van sy dramas word en hy is heel moontlik daar gebore 'n paar jaar voor die Slag van Marathon (490 v.C.), meer waarskynlik 497/6 v.C. Die dramaturg is gebore in ’n welvarende gesin (sy vader was ’n wapensmid) en was hoogs geskoold. Sy eerste artistieke mylpaal word bereik in 468 v.C. met sy eerste prys vir drama in die Dionysia, waar hy afreken met die heersende Atheense dramameester, Aischulos. Volgens Plutarchus word dié oorwinning onder ongewone omstandighede behaal. In stede daarvan om volgens tradisie die beoordelaars deur middel van ’n loting te kies, vra die argont vir Kimon en die ander strategoi om die wenner aan te wys. Plutarchus beweer verder dat Aischulos kort na sy verlies na Sicilië verkas. Lewe van Kimon 8. Plutarchus misgis homself oor Aischulos se dood tydens die reis; hy het ten minste vir nog 'n dekade dramas geskryf in Athene. Hoewel Plutarchus noem dat dit Sophokles se eerste opvoering was, word deesdae eerder gedink dat dit in 470 v.C. was. Triptolemos was moontlik een van die dramas wat Sophokles by die fees opgevoer het.

In 480 v.C. word Sophokles gekies om die paean (loflied aan ’n god) te lei ter viering van die Griekse sege oor die Perse by die Slag van Salamis. Dit is moontlik dat Kimon vroeër in Sophokles se loopbaan een van sy beskermhere was. Indien dit die geval was, was daar geen kwade gevoelens te bespeur vanaf Perikles, Kimon se teenstaander, na Kimon in 461 v.C. verstoot is nie. Sophokles dien in 443/2 v.C. as een van die Hellenotamiai (Atheense tesourier), waar hy help met die stad se finasiële bestuur tydens Perikles se politieke opgang. Volgens die Vita Sophoclis word hy in 441 v.C. verkies tot een van tien strategoi – top uitvoerende amptenare in beheer van die gewapende magte. As ’n junior kollega van Perikles maak hy die Atheense veldtog teen Samos mee. Daar word veronderstel dat hy tot die amp verkies is vanweë sy opvoering van Antigone.

Met die toetrede van Asklepios as godheid tot die Atheense samelewing, verwelkom Sophokles hom in 420 v.C. en rig ’n altaar vir hom op in sy huis. Hiervoor ontvang hy vanaf die Atheners die postume epiteton of titel van Dexion (ontvanger). Hy word ook in 413 v.C. verkies tot een van die kommissarisse (probouloi) wat tot stand gekom het uit reaksie op die katastrofiese verwoesting van die Atheense ekspedisieleër in Sisilië tydens die Peloponnesiese oorlog.

Sophokles sterf in die winter van 406/5 v.C. op die ouderdom van negentig of een-en-negentig. Hy beleef gedurende sy leeftyd beide die Griekse oorwinning in die Persiese oorloë en die bloedvergieting van die Peloponnesiese oorlog. Soos die geval met baie van die bekende mense uit die Oudheid het sy dood ’n aantal twyfelagtige verhale geïnspireer. Die bekendste hiervan is die voorstel dat hy dood is aan inspanning tydens ’n poging om ’n lang sin uit sy Antigone te resiteer sonder ’n asempouse. Nog ’n vertelling beweer dat hy verstik het aan druiwe tydens die Anthesteria-fees in Athene, terwyl ’n derde storie in omloop beweer dat hy van geluk gesterf het na sy finale oorwinning tydens die Stads-Dionysia. ’n Paar maande later skryf ’n komediedigter in ’n opvoering getiteld Die Muses die volgende lofrede: "Geseend is Sophokles, wat ’n lang lewe gelei het, ’n gelukkige en talentvolle man was en die skrywer was van verskeie goeie tragedies; wat sy lewe goed afgesluit het, sonder lyding en teëspoed." Sekere weergawes beweer egter dat sy seuns gepoog het om hom aan die einde van sy leeftyd onbevoeg te verklaar; daar word gesê dat hy hulle klag in die hof weerlê het deur uit sy toe nog onopgevoerde Oidipus by Kolonos te lees.Cicero vertel die storie in sy De Senectute 7.22. Een van sy seuns, Iophon, asook ’n kleinseun, ook Sophokles, volg albei in sy voetspore as dramaturge.

Nalatenskap duimnael|Portret van die Griekse akteur Euiaon in Sophokles se Andromeda, c. 430 v.C.

Van Sophokles se vroegste nuwighede is die byvoeg van ’n derde akteur wat die rol van die koor verder verklein het en ’n groter geleentheid skep vir karakterontwikkeling en konflik. Aischulos, die dominerende Atheense dramaturg gedurende Sophokles se vroeë loopbaan, het sy voorbeeld gevolg en die derde karakter teen die einde van sy lewe in sy eie werke opgeneem. Aristoteles gee die krediet vir die bekendstelling van skenographia (toneeldekorasie of dekor) aan Sophokles. Dit is egter eers na die ou meester Aischulos se dood in 456 v.C. wat Sophokles die dramaturg by uitstek in Athene word.

Hierna tree Sophokles 18 keer tydens Dionysia- en 6 keer tydens Lenaia-feeste as oorwinnaar uit die stryd. Sy werke, addisioneel tot nuwighede in dramastruktuur, is verder bekend vir die dieper karakterontwikkeling, in teenstelling met die van vroeëre dramaturge. Sophokles se reputasie het so gegroei dat buitelandse heersers hom na hul howe genooi het. Hy het die uitnodigings egter van die hand gewys, nie soos Aeschylus wat in Sisilië oorlede is of Euripides wat tyd in Makedonië deurgebring het nie. Aristoteles gebruik Sophokles se Koning Oidipus in sy Poëtika (c. 355 v.C.) as voorbeeld van die grootste prestasie in tragedie. Dit dui op die hoë aansien wat sy werke geniet het onder latere Grieke.Aristoteles. Ars Poetica. Net twee van die oorblywende sewe toneelstukkeDie eerste gedrukte uitgawe van die sewe toneelstukke was deur Aldus Manutius in Venesië 1502: Sophoclis tragaediae septem cum commentariis. Ten spyte van die 'cum commentariis' in die titel, het die uitgawe nie die antieke scholia tot Sophokles ingesluit nie. Daar moes gewag word tot 1518 met Janus Lascaris se uitgawe in Rome. kan akkuraat teruggedateer word: Philoktetes (409 v.C.) en Oidipus by Kolonos (401 v.C., deur Sophokles se kleinseun opgevoer na sy dood). Van die ander stukke blyk Elektra, volgens stilistiese ooreenkomste met dié twee toneelstukke, in die latere deel van sy lewe geskryf te wees. Ajaks, Antigone en Die Trachiniae word algemeen beskou as deel van sy vroëere werke, weereens na aanleiding van stilistiese elemente. Koning Oidipus dateer uit sy middeljare. Meeste van Sophokles se toneelstukke openbaar onderstrominge van vroeë fatalisme en die begin van Sokratiese logika as ’n steunpilaar in die lang tradisie van Griekse tragedie. verwerp pogings om Antigone te dateer as kort voor 441/0 gebaseer op ’n anekdote dat die toneelstuk gelei het tot Sophokles se verkiesing as generaal. Hy stel 450 v.C. versigtig voor volgens ander gronde.

Thebaanse toneelstukke Die Thebaanse toneelstukke bestaan uit drie dramas: Koning Oidipus, Oidipus by Kolonos en Antigone. Al drie die dramas het betrekking op die noodlot van Thebe tydens en na die heerskappy van Koning Oidipus.Sophocles, ed Grene and Lattimore, pp. 1–2.

Hulle is meermale al as ’n enkele uitgawe gepubliseer.See for example: "Sophocles: The Theban Plays", Penguin Books, 1947; Sophocles I: Oedipus the King, Oedipus at Colonus, Antigone, University of Chicago, 1991; Sophocles: The Theban Plays: Antigone/King Oidipous/Oidipous at Colonus, Focus Publishing/R. Pullins Company, 2002; Sophocles, The Oedipus Cycle: Oedipus Rex, Oedipus at Colonus, Antigone, Harvest Books, 2002; Sophocles, Works, Loeb Classical Library, Vol I. London, W. Heinemann; New York,Macmillan, 1912 (often reprinted) – the 1994 Loeb, however, prints Sophocles in chronological order. Sophokles het die toneelstukke egter vir aparte feeskompetisies geskryf baie jare uitmekaar en hulle is nie ’n trilogie in die ware sin van die woord nie. Die stukke is ook verder nie ’n voorbedagte reeks nie en daar bestaan onderlinge teenstrydighede. Hy het ook ander toneelstukke rakende Thebe neergepen, soos Epigoni, waarvan slegs fragmente behoue gebly het.Murray, Matthew, "Newly Readable Oxyrhynchus Papyri Reveal Works by Sophocles, Lucian, and Others ", Theatermania, 18 April 2005. Retrieved 9 July 2007.

Onderwerpe Elk van die toneelstukke het betrekking op die verhaal van die mitologiese Oidipus wat sy vader vermoor het en met sy ma in die huwelik getree het, onwetend dat hulle sy ouers was. Sy familie is hierdeur vir drie generasies gedoem.

In Koning Oidipus is Oidipus die protagonis. Sy ouers, Laius en Jokasta poog om hom as kind te laat vermoor om te verhoed dat hy ’n voorspelling laat bewaarheid; in werklikheid sorg die dienskneg aan wie die kindermoord toevertrou word dat Oidipus, via ’n reeks tussengangers, aangeneem word deur ’n kinderlose egpaar. Die paartjie neem hom aan sonder enige kennis van sy geskiedenis. Met die verloop van tyd leer Oidipus van die Orakel van Delphi se voorspelling oor hom, dat hy sy vader sou vermoor en met sy ma sou trou. Oidipus probeer van sy lot vlug sonder om sy ouers leed aan te doen. Op die stadium is hy nog onbewus van die feit dat hy aangeneem is. By ’n kruispad ontmoet hy ’n man vergesel van diensknegte, hulle baklei waarna die man in die worsteling omkom. Onbekend tot Oidipus was die man Laius, sy biologiese pa. Met verloop van tyd word hy die heerser oor Thebe na hy die raaisel van die sfinks oplos. In die proses tree hy in die huwelik met die weduweekoninging, sy biologiese ma Jokasta. Dit baan dan ook die weg vir tragedie. Die waarheid kom namate na vore, na nog ’n waar en verwarrende voorspelling deur die Delphiese orakel, en Jakosta pleeg selfmoord. Oidipus laat homself blind en verlaat Thebe en sy kinders word agtergelaat met die nagevolge. Die kinders se worsteling met die nalatenskap baan dan ook die weg vir die latere dramas in die siklus.

In Oidipus by Kolonos arriveer die verbanne Oidipus en sy dogter in Kolonos waar hulle paaie kruis met Theseus die Atheense koning. Oidipus sterf en daar ontstaan onenigheid tussen sy seuns Polyneikes en Eteokles.