duimnael|400px|Die ligging van Rostof-oblast in Rusland waar die meeste van Tsjikatilo se moorde gepleeg is. Die oblast se hoofstad is Rostof aan die Don.
Andrei Romanowitsj Tsjikatilo (Oekraïens: Андрі́й Рома́нович Чикати́ло; Russies: Андре́й Рома́нович Чикати́ло; 16 Oktober 1936, Jablotsjnoje, Oekraïense SSR – 14 Februarie 1994, Nowotsjerkassk, Rusland) was ’n Oekraïens gebore Sowjet-reeksmoordenaar met die byname Slagter van Rostof en Rooi Slagter. Hy het tussen 1978 en 1990 minstens 52 vroue en kinders vermoor. Hy is in Oktober 1992 aan die 52 moorde skuldig bevind (hoewel hyself erken het dat hy 56 moorde gepleeg het en hy op aanklag van 53 moorde tereggestaan het). Hy is in Februarie 1994 tereggestel.
Hy was veral bekend as die Slagter van Rostof omdat hy die meeste moorde in die Rostof-oblast in die RSFSR gepleeg het.
Vroeë lewe Andrei Tsjikatilo is tydens ’n ernstige hongersnood in die Oekraïense SSR gebore as die seun van plaasarbeiders wat in ’n hut met een kamer gewoon het.The Killer Department, p. 207. Hulle het nie geld gekry vir hul werk nie, maar die reg om ’n stuk grond agter hul hut te bewerk. Hulle het selde genoeg kos gehad en Tsjikatilo het later beweer hy was 12 jaar oud toe hy die eerste keer brood eet.Comrade Chikatilo, p. 141. Die gesin het dikwels van gras en blare geleef.Comrade Chikatilo, p. 143. Sy ma was streng en onvergeeflik, volgens sy suster.The Killer Department, p. 213.
Tsjikatilo se pa is in die Tweede Wêreldoorlog gevange geneem.The Killer Department, pp. 133-134 Tydens die Nazi-besetting moes Tsjikatilo bomaanvalle, brande en skietgevegte aanskou en hul hut is eenkeer afgebrand.The Killer Department, p. 262 In 1943 het Tsjikatilo se ma die lewe geskenk aan ’n dogter, Tatjana. Haar man was steeds in die oorlog en was dus nie die kind se pa nie. Daar is gegis die swangerskap was die gevolg van verkragting deur ’n Duitse soldaat.
Tsjikatilo was ’n skaam en stil kind en het ’n passie vir lees ontwikkel. Hy was ’n ywerige student, maar is deur boelies geteiken.The Killer Department, pp. 214–215 Op 14 was hy redakteur van die skoolkoerant en ’n ywerige Kommunis.Comrade Chikatilo, p. 146. Aan die begin van sy tienerjare het Tsjikatilo ontdek hy ly aan chroniese impotensie. Hy was skaam voor meisies. Op 17 het hy op ’n 11-jarige vriendin van sy suster gespring en haar grond toe gestoei. Hy het geëjakuleer terwyl die meisie in sy greep worstel.The Killer Department, p. 216
Ná skool is Tsjikatilo afgekeur vir ’n beurs aan die Moskouse Staatsuniversiteit en hy het na Koersk gereis. Hy het drie maande lank as arbeider gewerk voordat hy ’n kommunikasie-tegnikus geword het. In dié jaar (1955) het hy met ’n meisie begin uitgaan. Hulle het drie keer probeer seks hê, maar Tsjikatilo kon nie een keer ’n ereksie kry nie en sy het ná 18 maande die verhouding verbreek.
In 1957 is Tsjikatilo opgeroep vir diensplig en hy was in die weermag tot in 1960.The Red Ripper, p. 20 Daarna het hy weer by sy ouers gaan woon. Hy het weer ’n verhouding gehad, wat ná drie maande verbreek is weens sy impotensie. Die mense om hom het teen dié tyd almal van sy probleem geweet en volgens hom het hy uit skaamte sy geboortedorp verlaat.
Rostof aan die Don In 1961 het Tsjikatilo werk gekry as kommunikasie-ingenieur op ’n dorp noord van Rostof aan die Don. In dié tyd het sy suster by hom kom bly totdat sy met ’n plaaslike inwoner getroud is. Omdat hy skaam was voor vroue, het sy besluit om vir hom ’n vrou te kry.
Sy het hom aan Feodosia Odnatsjewa voorgestel en hulle is in 1963 getroud. Volgens Tsjikatilo was hy aangetrokke tot Feodosia, maar hul huwelik was basies ’n gereëlde een wat plaasgevind het skaars twee weke nadat hulle mekaar ontmoet het. Die besluite is deur sy suster en haar man geneem.The Killer Department, p. 219 Tsjikatilo het later beweer hul sekslewe was minimaal. Toe sy vrou besef hy kon nie ’n ereksie behou nie, het sy ingestem dat hy ejakuleer en dan die semen met sy vingers in haar vagina druk sodat sy swanger kan raak.The Killer Department p. 266 In 1965 het Feodosia die lewe geskenk aan ’n dogter, Ljoedmila. Vier jaar later is ’n seun, Joeri, gebore.
Onderwysloopbaan In 1970 het Tsjikatilo ’n kurus in Russiese letterkunde voltooi en later ’n graad daarin behaal aan die Rostof-universiteit.The Red Ripper, p. 29 ’n Jaar later het hy sy loopbaan as Russies-onderwyser begin in Nowosjachtinsk.The Killer Department, p. 221 Hy was nie ’n goeie onderwyser nie. Hy kon nie dissipline handhaaf nie omdat hy so skaam was en sy studente het hom gespot.The Red Ripper, p. 30
In Mei 1973 het Tsjikatilo vir die eerste keer bekend een van sy studente seksueel aangerand. Hy het na ’n 15-jarige meisie geswem en haar aan haar borste en geslagsdele gegryp. Hy is nie vir die voorval gestraf nie.The Red Ripper, p. 32 Maande later het hy nog ’n student in sy klaskamer aangerand. Die skoolhoof het hom gevra om te bedank. Daarna het hy ’n onderwyspos by ’n ander skool in Nowosjachtinsk gekry. Hy het dié pos in 1978 verloor as gevolg van ’n vermindering van personeel en toe ’n ander pos in Sjachti gekry.The Killer Department, p. 223
Tsjikatilo se loopbaan as onderwyser het in Maart 1981 geëindig ná verskeie klagtes van kindermolestering deur studente van albei geslagte.The Red Ripper, p. 252 Hy het daarna werk as ’n verskaffer by ’n fabriek gekry wat konstruksiemateriaal vervaardig.The Killer Department, p. 228 Dit het beteken hy moes baie reis oor ’n groot deel van die Sowjetunie om rou materiaal te koop of verskaffingskontrakte te teken.
Moorde
duimnael|Grusjefski-brug, waar die lyk van Jelena Zakotnowa ontdek is. In September 1978 het Tsjikatilo na Sjachti naby Rostof aan die Don getrek waar hy sover bekend sy eerste moord gepleeg het. Op 22 Desember het hy ’n negejarige meisie, Jelena Zakotnowa, na ’n ou huis gelok wat hy in die geheim gekoop het; hy het probeer om haar te verkrag, maar kon nie ’n ereksie kry nie. Toe die meisie begin worstel, het hy haar gewurg en drie keer met ’n mes in die onderlyf gesteek; in die proses het hy geëjakuleer. Hy het haar daarna verwurg en haar lyk in die Groesjefka-rivier gegooi.The Red Ripper, p. 43 Dit is twee dae later ontdek.
Verskeie getuienis het na Tsjikatilo gewys. Bure het hom gesien by die huis wat hy gekoop het en bloedspatsels is in die sneeu gevind. Mense het ook ’n man met haar sien praat wat aan Tsjikatilo se beskrywing voldoen het.The Red Ripper, p. 44 Desondanks is ’n ander man, Aleksandr Krawtsjenko, vir die moord aangekeer. Hoewel hy ’n alibi gehad het, het die polisie getuienis so geknoei dat sy vrou teen hom getuig en hy skuld beken het. Hy is in 1979 van die moord aangekla, skuldig bevind en tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Weens druk van die slagoffer se familie is hy herverhoor en in Julie 1983 die doodstraf opgelê.
Ná die moord op Zakotnowa kon Tsjikatilo net ’n ereksie kry en orgasme bereik deur vroue en kinders dood te maak.The Killer Department, p. 198 Op 3 September 1981 het hy ’n 17-jarige student, Larisa Tkatsjenko, by ’n bushalte gesien en haar na ’n woud aan die Don-rivier gelok. Hy het haar aangeval, maar toe hy nie ’n ereksie kon kry nie het hy modder in haar mond gedruk om haar gille te demp en haar toe geslaan en verwurg. Hy het nie ’n mes by hom gehad nie en het die lyk met sy tande en ’n stok vermink.The Killer Department, p. 213. Hy het ook een van haar tepels met sy tande afgeruk.
Nege maande later, op 12 Junie 1982, is Tsjikatilo per bus na die Bagajefski-distrik van Rostof om groente te koop. Op die dorp Donskoi moes hy ’n ander bus haal en hy het besluit om eerder verder te loop.The Killer Department, p. 199. ’n Ent van daar het hy die 13-jarige Ljoebof Birjoek raakgeloop wat op pad huis toe was.The Killer Department, p. 4. Op ’n beskutte plek het Tsjikatilo haar gegryp en na ’n beboste gebied gesleep. Hy het haar rok afgeruk en haar met ’n mes doodgesteek en -gesny.The Red Ripper, p. 60. Sy het 22 meswonde aan haar kop, nek, bors en pelvis gehad.Comrade Chikatilo, p. 89.
Tussen Julie en September 1982 het Tsjikatilo nog vyf slagoffers tussen nege en negentien jaar oud vermoor. Hy het ’n patroon ontwikkel: hy het sy slagoffers van ’n bushalte of treinstasie weggelok, en hulle dan op ’n afgeleë plek vermoor. Hulle is gewoonlik met ’n mes gesteek en gesny, en daarna is hul ingewande verwyder. Sommige is ook verwurg of doodgeslaan benewens die talle snywonde aan hul liggaam.Real Life Crimes, issue 7, p. 150. Baie van die slagoffers se oogkaste was vermink en dit het gelyk of hy hul oë wou uitsteek.The Killer Department p. 30
Tsjikatilo se vroulike slagoffers was dikwels prostitute of hawelose vroue. Hy sou met hulle seks probeer hê en as hy nie ’n ereksie kon kry nie, het hy hulle uit woede vermoor. Sy kinderslagoffers was van albei geslagte.
Ondersoek Teen Januarie 1983 is altesaam vier slagoffers aan dieselfde moordenaar verbind. ’n Polisiespan onder majoor Michail Fetisof is van Moskou na Rostof aan die Don gestuur om die ondersoek te lei. Fetisof het die ondersoek op Sjachti toegespits en ’n nuwe forensiese kenner, Wiktor Boerakof, aangestel. In April is Olga Stalmatsjenok se lyk gevind. Toe Boerakof die verminking aan die oogkaste sien, het hy dadelik geweet hulle het beslis te doen met ’n reeksmoordenaar.
Tsjikatilo het eers weer in Junie 1983 gemoor: die 15-jarige Armeense meisie Laura Sarkisian; haar lyk is langs ’n spoorwegplatform naby Sjachti gevind.Comrade Chikatilo, p. 92. Teen September het hy nog vyf mense vermoor. Weens die wreedheid en presisie van die wonde het die polisie begin dink hulle het te doen met ’n groep wat organe verkoop, ’n sataniese kultusReal-Life Crimes issue 7 . p.150 of ’n geestelik versteurde. Hulle het gekonsentreer op die feit dat die skuldige óf ’n versteurde óf ’n homoseksueel óf ’n pedofiel was. Hulle het die alibi's begin nagaan van mense wat in psigiatriese inrigtings was of wat weens homoseksuele misdade of pedofilie veroordeel is.Comrade Chikatilo, p. 98. Ander seksoortreders is ook ondersoek.
Aan die begin van September 1983 het verskeie geestelik gestremde jong mans onder die onmenslike ondervragings skuld beken. Drie bekende homoseksuele en ’n seksoortreder het selfmoord gepleeg weens die ondersoekers se wrede tegnieke.The Killer Department, p. 251. As gevolg van die ondersoek is meer as 1 000 onverwante misdade, onder meer 95 moordeReal-Life Crimes issue 7 . p.151 en 245 verkragtings,Comrade Chikatilo, p. 33. opgelos.
Intussen is al hoe meer lyke ontdek. Op 30 Oktober 1983 is die verminkte lyk van ’n 19-jarige prostituut wie se ingewande verwyder is, Wera Sjefkoen, in Sjachti ontdek.The Killer Department, p. 48. In dié geval was daar nie skade aan die oogkaste nie, hoewel baie ander eienskappe van vorige moorde teenwoordig was. Twee maande later is ’n 14-jarige skoolseun, Sergei Markof, van ’n trein af weggelok en in Kazatsji Lagerja vermoor. Sy ingewande is verwyder en hy het meer as 70 meswonde aan sy nek en bolyf gehad.The Killer Department, p. 50.
1984 In Januarie en Februarie 1984 het Tsjikatilo nog twee vroue vermoor. Op 24 Maart het hy die 10-jarige Dmitri Ptasjnikof van ’n kiosk in Nowosjachtinsk weggelok. Verskeie getuies wat hulle saam gesien het, kon ’n beskrywing van die moordenaar gee. Die polisie het ook ’n voetspoor gekry, asook semen en spoeg op die slagoffer se klere.Murder of Dmitry Ptashnikov Die semenmonsters is vir ontleding gestuur en het getoon die moordenaar se bloedgroep is tipe AB.
Op 25 Mei het Tsjikatilo ’n vrou wat hy jare lank geken het en haar dogter in ’n beboste gebied buite Sjachti vermoor, en teen 19 Julie het hy nog drie jong vroue tussen 19 en 21 en ’n jong seun van 13 vermoor. In die somer van 1984 is Tsjikatilo afgedank weens diefstal by die werk. en op 1 Augustus het hy ’n ander werk in Rostof gekry.The Red Ripper, p. 254