duimnael|Thatched House Lodge
Thatched House Lodge is ’n koninklike woning in Londen, Engeland. Die hoofhuis het ses onthaalkamers en ses slaapkamers, en die terrein is 1,6 ha groot. In die tuin staan ’n 18de-eeuse somerhuis met ’n grasdak en twee kamers, vandaar die hoofhuis se naam. Sedert 1963 is dit die tuiste van prinses Alexandra, die agbare lady Ogilvy, ’n niggie van oorlede koningin Elizabeth. Dit is deur haar oorlede man, sir Angus Ogilvy, van die owerhede gehuur ná hul troue.
Dit is aanvanklik in 1673 as twee huise gebou. Dit is in 1727 vergroot, en in 1771 is die huise verbind en herdoop na Thatched House Lodge. Die huis is voorheen deur verskeie lede van die koninklike huishouding gebruik.
Verwysings
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Geboue en strukture in Londen Kategorie:Koninklike wonings in die Verenigde Koninkryk