duimnael|links|Die gedenkplaat aan Beaumontstraat naby die terrein van Beaumont-paleis. duimnael|Beaumont-paleis in 1785. duimnael|’n Skets van die ruïnes in 1800.

Beaumont-paleis (Engels: Beaumont Palace) is omstreeks 1130 buite die noordelike poort van Oxford gebou as ’n koninklike woning vir koning Hendrik I naby die koninklike jaghuis by Woodstock in Oxfordshire. ’n Gedenkplaat aan Beaumontstraat in Oxford lees: Naby hierdie terrein het die Koningshuise gestaan wat later bekend was as Beaumont-paleis. Koning Richard I is in 1157 hier gebore en koning Jan in 1167.

Koning Edward I was die laaste koning wat in Beaumont gebly het terwyl dit amptelik ’n paleis was. In 1275 het hy dit toegesê aan ’n Italiaanse prokureur, Francesco Accorsi, wat diplomatieke sendings vir hom onderneem het.Oxford-strate URL besoek op 25 Augustus 2010. In 1314 het hy belowe om ’n klooster te bou as sy lewe gespaar bly; in 1318 het hy sy woord gestand gedoen en Beaumont aan ’n godsdienstige orde, die Karmeliete, gegee.

Toe die Karmeliete ontbind is tydens die reformasie van koning Hendrik VIII, is die grootste deel van die gebou afgebreek.Oxford: a cultural and literary companion :2000:186.

Verwysings

Eksterne skakels Oxford-inskripsies

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Paleise in Engeland Kategorie:Koninklike wonings in die Verenigde Koninkryk