Rooihoogtepas is 'n geteerde bergpas op die R318-streeksroete in Die Koo, noordwes van Montagu. Die pas bereik 'n hoogte van 1234 m bo seevlak en 'n maksimum steilte van 1:12. Die pas steek die voetheuwels van die Waboomberge oor, en gee toegang tot die westekant van die Klein-Karoo. Die pas bied uitsigte oor Die Koo se berge, wingerde en boorde.
Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika Waboomberge te Ceres
Verwysings
Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap