Borne SulinowoGroß Born 280px Kaart Wapen 150px|center 60px|center Vlag 60px|center Land 20px|border Pole Woiwodskap 20px|border Wes-Pommere Distrik Szczecinek Gmina Borno Sulinowo Koördinate  Stigting 15de eeu  Stadstatus 1993  Oppervlakte:    - Totaal 18,15 vk km  Hoogte bo seevlak 152 m Bevolking:    - Totaal (31 Desember 2010) 4 675  - Bevolkingsdigtheid 257,6/km² Tydsone UTC +1 (MET)  - Somertyd UTC +2 Burgemeesteres Renata Pietkiewicz-Chmyłkowska Amptelike Webwerf bornesulinowo.pl Borne Sulinowo (Duits: Groß Born, vroeër Linde) is 'n stad in die Noordwes-Poolse woiwodskap Wes-Pommere met 'n bevolking van 4 675. Dit is halfpad tussen Czaplinek en Szczecinek aan die suidoewer van die langgestrekte Pile-meer geleë.

Borne Sulinowo is een van die jongste stede in Pole wat eers in 1993 stadstatus gekry het. Die oorspronklike hoofbasis van die Sowjet-troepe in Pole was tot in 1992 in die suidelike stadsgebied geleë wat as militêre spergebied vroeër hoegenaamd nie op kaarte verskyn het nie.Der Spiegel, 15 Mei 2016: Kasernenort in Polen - Die Geisterstadt, die keine mehr ist. Besoek op 8 Junie 2019

Die militêre geskiedenis van Borne Sulinowo strek nog verder terug tot in die tyd kort ná die Eerste Wêreldoorlog toe die Duitse leër hier 'n uitgestrekte militêre oefenterrein aangelê het wat later deur Nazi-Duitsland uitgebrei is. Die gebied het in 1945 onder Poolse administrasie gekom.

Sowel die Duitse asook die Sowjet-Russiese militêre geriewe het intussen 'n verlate spookdorp geword.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Pole