Die Kleintand-jobvis (Aphareus rutilans) is 'n vis wat voorkom in die tropiese en subtropiese water van die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Port Alfred. In Engels staan die vis bekend as die Rusty jobfish.
Voorkoms Die vis se kop en lyf is silwer-rooierig tot ligpers aan die rugkant. Die binnekant van die mond, kieuekamer en kieue is silwer. Die onderste lip is swart. Die stert- en analevin se laaste strale is lank en die stertvin is diep gevurk. Die vis word tot 1.3 m lank en weeg dan 11 kg.
Habitat Die vis leef in koraal- en rotsriwwe in water wat 50–330 m diep is. Hulle vreet vis, skaaldiere en inkvisse. Hulle is alleenlopers.
Sien ook
Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Verwysings
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Aphareus-rutilans.html http://eol.org/pages/206837/overview
Kategorie:Beenvisse