Whitney Elizabeth Houston (Newark, New Jersey, 9 Augustus 1963 - Beverly Hills, Kalifornië, 11 Februarie 2012) was 'n Amerikaanse model, aktrise, rolprentvervaardiger en sangeres wat R&B, soul- en popmusiek gesing het.

Houston word algemeen beskou as een van die beste sangeresse ooit vanweë haar uiters professionele optredes, groot stemreikte van 5 oktawe en die moontlikheid om in verskillende genres te sing. Sy is wyd gerespekteer vir haar lewendige optredes en kragtige stem.

Persoonlike lewe Sy was getroud met Bobby Brown en hulle het een kind gehad: Bobbi Kristina Brown.

Eksterne skakels

Amptelike tuisblad

Kategorie:Amerikaanse modelle Kategorie:Amerikaanse sangers Kategorie:Geboortes in 1963 Kategorie:Sterftes in 2012 Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu