duimnael|Getypoele by Ngubu Huts. duimnael|Scott Huts langs die mond van die Geelhoutbosrivier. duimnael|Sonsondergang by André Huts aan die monding van die Kliprivier.
Die Otterwandelpad is 'n staproete langs die kus en woude binne die Tuinroete Nasionale Park (vroeër die Tsitsikamma Nasionale Park). Dit is na die groototter vernoem, wat algemeen in die area voorkom.
Die staproete word as een van die beste staproetes ter wêreld beskou en strek van die Stormsrivier se monding (34°01′15.5″S 23°52′47.5″O) in die ooste tot by Nature's Valley (33°58′56″S 23°34′36″O) in die weste. Dit is 26 km lank (soos die kraai vlieg), maar 41 km as dit per voet gestap word. Dit neem 5 dae om die staproete te voltooi, en altesaam 4 nagte word in gerieflike hutte met mooi uitsigte deurgebring.
Roete Dag 1 - 4.8 km (± 2 ure) Dag 2 - 7.9 km (± 4 ure) Dag 3 - 7.7 km (± 4 ure) Dag 4 - 13.8 km (± 6 ure) Dag 5 - 6.8 km (± 3 ure) Totale afstand 41 km (per voet)
Verwysings
Eksterne skakels
Inligting op Sanparke se webtuiste Inligting op footprint.co.za
Kategorie:Staproetes Kategorie:Toerisme in Suid-Afrika