Die Fynlipvis (Cirrhilabrus exquisitus) is 'n vis wat in die Indies-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika voorkom vanaf Kenia tot by Park Rynie in Natal. In Engels staan die vis bekend as die Exquisite wrasse.

Voorkom Die volwasse vis se kleure is kompleks; dit is 'n mengsel van kleure maar hulle het altyd 'n oogvormige kol net bokant die sylyn by die stert se basis. Die onvolwasse vis is bruin, rooierig-oranje tot pers met 'n wit kol op die snoet en swart kol op die stert se basis. Die vis word tot 11 cm groot.

Habitat Die vis leef in koraalriwwe in water wat 6 – 32 m diep is. Die mannetjie bewaar en verdedig 'n groot harem wyfies en vertoon baie helder kleure gedurende paartyd.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Cirrhilabrus-exquisitus.html

Kategorie:Lipvisse