Die Kolstert-coris (Coris caudimacula) is 'n vis wat voorkom in die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Oos-Londen. Die onvolwasse vissies is al opgemerk in Mosselbaai. In Engels staan die vis bekend as die Spot-tail coris.

Voorkoms Die vis het 'n dun lyf met 'n lang dorsale vin. Die stertvin is bolrond en die sylyn is aaneenlopend. Die kleure van die vis wissel maar hulle het altyd 'n donker kol (rooi of swart) op die stertvin se basis, een op die bopunt van die operkulum en een op die voorste membraan van die dorsale vin. Die vis word tot 20 cm groot.

Habitat Die vis leef in koraal en rotsriwwe in water wat 2 – 32 m diep is. Hulle vreet skaaldiere, slakke, wurms en seesterretjies.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Coris-caudimacula.html

Kategorie:Beenvisse