Die Suid-Chinese See (Chinees: 南海, pinyin: Nán Hǎi, letterlik: "Suidelike See"; Viëtnamees: Biển Đông, letterlik: "Oostelike See"; Thai: ทะเลจีนใต้; Maleis: Laut Cina Selatan; Indonesies: Laut Cina Selatan / Laut Tiongkok Selatan; Tagalog: Dagat Timog Tsina) is 'n see van die Stille Oseaan in Asië tussen Broenei, Indonesië, Maleisië in die suide, Viëtnam in die weste, die Volksrepubliek China in die noordweste, die Republiek China op Taiwan in die noorde asook die Filippyne in die ooste. Die Suid-Chinese See grens aan die Golf van Thailand in die weste, die Filippynse See in die ooste, die Sulusee in die suidooste. Die Suid-Chinese See word in die suidweste deur die Straat van Singapoer en die Straat van Malakka met die Andamanse See, in die suide deur die Karimata-straat met die Javasee en in die noordooste deur die Straat van Taiwan met die Oos-Chinese See verbind. Die see het 'n oppervlakte van sowat 3 685 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 1 212 m.
duimnael|links|Ligging van die Suid-Chinese See duimnael|links|Kaart van geëiste gebiede in die Suid-Chinese See Die deel tussen China en Viëtnam word die Golf van Tonkin genoem.
Groot stede aan die see is Da Nang, Guangzhou, Haikou, Ho Chi Minh-stad, Hongkong, Kaohsiung, Macau, Taichung, Tainan en Xiamen en die belangrikste riviere wat in die see uitmond is die Mekong in die weste en die Pêrelrivier (tussen Hongkong en Macau) in die noorde.
Die Suid-Chinese See is onderworpe aan gebiedsgeskille tussen die Volksrepubliek China, die Filippyne, Maleisië en Viëtnam wat in besonder betrekking het op ryk ondersese ruoliebronne, soos by die Paracel- en Spratly-eilande.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geografie van Broenei Kategorie:Geografie van Indonesië Kategorie:Geografie van Maleisië Kategorie:Geografie van Viëtnam Kategorie:Geografie van die Filippyne Kategorie:Geografie van die Republiek China Kategorie:Geografie van die Volksrepubliek China Kategorie:Seë van Asië Kategorie:Seë van die Stille Oseaan