Die Helmknorhane (Dactylopteridae) is 'n familie visse wat tot die orde Scorpaeniformes hoort. Daar is drie genera met minstens sewe spesies in hierdie familie. Twee van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die familie se lywe is lank en breed en bedek met skubbe. Die kop is groot en stomp met die bene wat so verbind is dat dit lyk soos 'n helm. Die pektorale vinne is baie groot in vergelyking met die liggaam en reik verby die dorsale vin. Die grootte wissel van 30 – 60 cm. Die familie is bodem bewoners en vreet skaaldiere, slakke en bodem vis.

Genus Die volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Dactyloptena Dactyloptena orientalis - Helmknorhaan Dactyloptena peterseni - Ster-helmknorhaan

Sien ook

Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse