duimnael|400px|Ligging van die Franse oorsese gebiede

Die Franse oorsese gebiede (Frans: France d'outre-mer) is 13 gebiede wat deel van die Franse staatsgebied en die Europese Unie buite van Europa uitmaak. Die gebiede het 'n bevolking van 2 685 705 op 1 Januarie 2011 gehad.

Die Franse oorsese gebiede is tot die grondwetlike wysiging van 23 Maart 2003 oorsese departement – oorsese Gebied (les DOM-TOM, Département d’outre-mer – Territoire d’outre-mer) genoem. Die gebiede is oorwegend voormalige Franse kolonies.

Die gebiede word ingedeel in oorsese départements (Départements d’outre-mer); oorsese kollektiewe gebiede (Collectivités d’outre-mer) met kollektiewe gebiede (collectivité territoriale), gebiede (territoire) en oorsese lande (pays d’outre-mer); spesiaal statuut (Statut spécifique) en onbewoonde gebiede (Territoires inhabités).

In die historiese konteks bestaan daar 'n verskil tussen kolonies en protektorate, wat onder Franse beheer, maar amptelik onafhanklike lande was.

Gebiede Vlag Wapen Naam Ligging Status Oppervlakte Bevolking Hoofstad 80px 40px Clipperton Noord-Amerika en Stille Oseaan Onbewoonde gebied 11 km² 0 Geen 80px 40px Frans-Guyana Suid-Amerika Oorsese département en région 83 846 km² 229 000 (2009) Cayenne 80px|border 40px Frans-Polinesië Oseanië en Stille Oseaan Oorsese kollektief 4 167 km² 264 000 (2009) Papeete 80px 40px Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede Indiese Oseaan en Suidelike Oseaan Oorsese kollektief 7 829 km² 140 Port-aux-Français 80px 40px Guadeloupe Karibiese See en Atlantiese Oseaan Oorsese département 1 628,43 km² 404 000 (2009) Basse-Terre 80px 40px Martinique Karibiese See en Atlantiese Oseaan Oorsese département 1 128 km² 402 000 (2009) Fort-de-France 80px|border 40px|border Mayotte Afrika en Indiese Oseaan Oorsese département 374 km² 186 452 (2007) Mamoudzou 110px 40px Nieu-Kaledonië Oseanië en Stille Oseaan Spesiaal statuut 18 575,5 km² 51 384 (2008) Nouméa 80px 40px Réunion Afrika en Indiese Oseaan Oorsese département 2 512 km² 817 000 (2009) Saint-Denis 80px 40px Saint-Martin Karibiese See en Atlantiese Oseaan Oorsese kollektiewe gebied 53,2 km² 35 925 (2007) Marigot 80px|border 40px|border Sint Bartholomeus Karibiese See en Atlantiese Oseaan Oorsese kollektiewe gebied 25 km² 8 450 (2007) Gustavia 80px 40px Sint Pierre en Miquelon Noord-Amerika en Atlantiese Oseaan Oorsese kollektiewe gebied 242 km² 6 099 (2007) Sint Pierre 80px 40px Wallis en Futuna Oseanië en Stille Oseaan Oorsese kollektiewe gebied 274 km² 13 484 (2008) Matāʻutu

Sien ook Britse oorsese gebiede Eilandgebiede van die Verenigde State van Amerika Klein afgeleë eilande van die Verenigde State van Amerika Lys van afhanklike gebiede

Verwysings

Bronne Robert Aldrich en John Connell, France's Overseas Frontier, Cambridge University Press, 1992 Frédéric Monera, L'idée de République et la jurisprudence du Conseil constitutionnel – Paris : L.G.D.J., 2004

Eksterne skakels

Synthèse du site Vie-publique.fr ''Changement Climatique et Biodiversité dans l’Outre-Mer Européen Synthèse : biodiversité et conservation outre-mer (UICN, 2008) ''L'outre-mer, revue Pouvoirs, n°113 (April 2005)