Die Chausie is ’n kortharige, hibridiese katras. Dit word in Engels ook soms Jungle Curl, Stone Cougar of Mountain CougarDie Chausies an ander katrasse genoem.

Geskiedenis duimnael|140px|links|’n Klein Chausie-katjie. Die Chausie is ’n hibride tussen die huiskat (Felis catus) en die moeraskat (Felis chaus). Die huiskat wat die meeste gebruik word vir die teling van die Chausie is die Abessiniese kat omdat hy dieselfde voorkoms en aktiewe gewoontes as die moeraskat het, hoewel hy baie kleiner is.

Chausies is in die 1960's en 1970's die eerste keer geteel. Hulle het in 1995 registrasiestatus by The International Cat Association (TICA) gekry. In 2001 is die kat se status so verander dat net diere wat drie geslagte (F3) of verder verwyder is van die wilde moeraskat in skoue toegelaat is. In 2003 is dit verander na Gevorderde Nuwe Ras.http://tica.org/public/breeds/cu/intro.php Algemene inligting oor ChausiesBerig oor status

Beskrywing Vanweë die wisselende groottes van die ouers kan ’n Chausie tussen 6,5 en 10 kg weeg. Die mannetjies is groter as die wyfies. Hul lywe is lank en lenig. Hulle het drie kleure: bruin strepies, effeswart en sout-en-peperkleurig. Die oë moet verkieslik goud of geel wees, maar neutbruin en liggroen word ook aanvaar. Die ore is merkbaar spesiaal – groot en beweeglik.

Die katte is besonder aktief, lojaal en hou van ander troeteldiere.

Sien ook Lys van katrasse

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Katrasse