Die Kaapse klipling (Gaidropsarus capensis) is 'n vis wat endemies aan Suider-Afrika is en kom voor vanaf die rif by Walvisbaai tot by Oos-Londen. In Engels staan die vis bekend as die Cape rockling.
Voorkoms Die vis se kop en lyf is goudbruin en die pens en bekkenvinne is bleekwit. Die dorsale en anale vinne is gelerig en lank. Daar is twee baarde weerskante van die neus en een op die ken. Die vis word tot 18 cm groot.
Habitat Die vis leef in rotsagtige areas in water wat tot 50 m diep is; hulle kruip altyd onder die rotse weg. Die wyfies skiet kuit regdeur die jaar. Die vis het geen kommersiële waarde nie.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Gaidropsarus-capensis.html
Kategorie:Beenvisse