Die Donkerbalk-chromis (Chromis weberi) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by die Protea-bank in die suide van KwaZulu-Natal.

Voorkoms Die vis is bruin of groengrys van kleur en die rante van die operkulums is swart. Die rante van al die skubbe is ook donkerder en die stertvin se punte is swart. Die vis word tot 14 cm lank.

Habitat Die vis verkies koraal- en rots riwwe om in te leef in water wat 3 – 30 m diep is en hulle eet soöplankton.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Chromis-weberi.html

Kategorie:Beenvisse