Die Turkse van (Turks: Van kedisi) is ’n katras met halflang hare wat, anders as ander huiskatte, lief is vir water en swem.

Geskiedenis Die ras is buite Turkye ontwikkel uit ’n hoofsaaklik wit natuurlike ras, die vankat wat voorkom in die Vanmeer-gebied in Suidoos-Turkye (voorheen deel van Armenië). Dit is aanvanklik in die Weste die Turkse kat genoem,Rex, Abyssinian and Turkish Cats, deur Alison Ashford en Grace Pond, maar die naam is verander om dit te onderskei van die Turkse angora, wat sy oorsprong in die Ankara-streek (voorheen Angora) het. Dit word ook soms die Armeense kat genoem. Sommige verenigings, soos The International Cat Association (TICA), beskou die Turkse van en Turkse angora as een ras.

Beskrywing duimnael|links|180px|’n Tradiosioneel rooi Turkse van. duimnael|160px|Die ringpatroon aan die stert. Die kat het tradisioneel ’n krytwit lyf met rooi aan die stert en kop – die "van-patroon" – met blou, amberkleurige of ’n onpaar oë (een blou en een amberkleurig). Ander pelskleure wat deesdae erken word, is room, swart, blou, gestreep, skilpaddop en verskeie kombinasies daarvan. Die kleur mag net aan die stert en kop voorkom. Lukrake vlekke mag aan die lyf voorkom, maar die hele kleurgedeelte mag nie meer as 20% van die lyf wees nie en geen merke mag aan die bene voorkom nie. Die res van die lyf is krytwit.

In Turkye word tans net die effekleurige wit kat met kort of lang hare erken.

Die pels is baie besonders. Die groot verskille in die winter- en somertemperatuur in die bergagtige Oos-Anatolië het waarskynlik die eienskappe daarvan beïnvloed. Die Vanmeer-gebied is 1 600 m bo seespieël en het uiterste temperature. Die kat se halflang, waterbestande pels is dik en sag in die winter. In die lente en somer verhaar die kat en bly ’n korter, ewe sagte pels agter. Die hare aan die stert bly dwarsdeur die jaar lank en wollerig. Hul hare is minder allergenies as die meeste ander katte s’n.

Die kat is groot, die skouers breed en die lyf taamlik lank, en die agterpote is effens langer as die voorpote. Die agterlyf moenie breër as die skouers wees nie. Die Turkse van is intelligent, spelerig en liefdevol. Anders as ander katte is hulle lief vir water en om te swem.

Sien ook Lys van katrasse

Verwysings

Eksterne skakels Suider-Afrikaanse standaarde Cat Fanciers' Association se teelprofiel TICA-artikel oor die Turkse van Yahoo-besprekingsgroep

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Katrasse