The Gods Must Be Crazy is 'n hoofsaaklik Engelse rolprent wat in 1980 uitgereik is. Dit was die eerste in 'n reeks komediefilms wat in Suid-Afrika en Botswana verfilm is en wêreldwyd opslae gemaak het. Dit is die kommersieel- suksesvolste vrystelling in die geskiedenis van Suid-Afrika se filmbedryf.

Die regisseur en skrywer was Jamie Uys. Dit het ongeveer R4 683 649 by die loket verdien.Is Kômmin Koning in SA, Beeld, 14 Desember 2007 Die film is opgevolg met The Gods Must Be Crazy II in 1989.

Genre Die rolprent is 'n komedie en is goeie gesinsvermaak.

Hoofrolspelers N!xau as homself Marius Weyers as Andrew Steyn Sandra Prinsloo as Kate Nic de Jager as Jack Hind Ken Gampu as president

en andere.

Storielyn In Botswana volg dit die verhaal van 'n San van die Kalahari-woestyn, gespeel deur die Namibiese San boer N!xau, 'n Kalahari-Boesman wat niks van die Westerse beskawing weet nie, Andrew Steyn (Marius Weyers), 'n bioloog wat bemestingsmonsters vir sy doktorale proefskrif ontleed, en Kate Thompson (Sandra Prinsloo), 'n nuut aangestelde dorpskoolonderwyser.

'n Raserige voël (vliegtuig) laat 'n besonder nuttige voorwerp ('n leë Coke-bottel) uit die lug val, en 'n boesmankind tel dit van die grond af op. Hy neem dit huis toe waar almal in die gesin skielik 'n nut vir die bottel vind. Hulle is egter ongelukkig omdat die "gode" net één gestuur het.

Die bottel se gebruike ontketen emosies soos selfsug, haat, woede en jaloesie onder hulle. N!xau probeer die voorwerp teruggee aan die gode, maar kan op geen manier daarvan ontslae raak nie; dit val elke keer terug in sy skoot. Hy vertrek toe op 'n interessante reis na die "einde van die wêreld" om dit daar te gaan afgooi, aangesien die voorwerp tuis soveel onmin veroorsaak het.

Ondertussen word die wildbewaarder, Andrew Steyn, gevra om die verfynde nuwe onderwyseres, Kate, met sy ou Land Rover sonder remme te gaan oplaai. Hy is egter nie so gemaklik met die skoner geslag nie, en Kate is glad nie beïndruk as hy telkens uit die bewegende voertuig spring om die hekke oop en toe te maak nie.

'n Rebellegroep onder leiding van Sam Bocha voer daarna 'n mislukte staatsgreep uit. Hulle neem Kate en 'n groep skoolkinders gyselaar en probeer om met hulle oor die grens te vlug.

Die boesman, N!xau, word deur die polisie gearresteer nadat hy honger geword en vir homself 'n mak bok geskiet het. Hy sou nie in aanhouding kon oorleef nie en word toe maar deur die plaaslike landdros onder Andrew se toesig op die plaas geplaas.

Die rolprent bereik 'n hoogtepunt toe Xi sy jagvernuf inspan en vir Andrew help om die gyselaars te bevry.

Ontvangs Ten spyte daarvan dat die rolprent wêreldwyd meer as VS$100 miljoen gemaak het, het N!xau na bewering minder as VS$2 000 verdien vir sy hoofrol. Voor sy dood het Uys dit aangevul met 'n bykomende VS$20 000 sowel as 'n maandelikse toelae.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Engelse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente