Die Egiptiese mau is ’n klein-medium kortharige katras. Dit is die enigste huiskat met natuurlike kolle.Egyptian Mau CatFacts.org. URL besoek op 22 Januarie 2008

Geskiedenis Dit is nie bekend presies hoe die mau ontstaan het nie,Egyptian Mau Breed Profile Cat-World.com maar dikwels word beweer dat hy van Afrika-wildekatte afstam. History of Egyptian Mau deur Lisa Root, 19 Julie 2003. TCA Inc. Die naam self is die Middel-Egiptiese woord mau (letterlik "kat").

Die mau is in 1956 in Amerika bekendgestel nadat die verbanne Russiese prinses Natalie Troebetskaja met van dié katte daarheen geïmmigreer en met hulle begin teel het.https://tica.org/pdf/breeds/intro_em.pdf Egitiese Mau by Tica (pdf) Hulle het in 1968 kampioenskapstatus begin gekry. Britse telers het maus probeer skep uit kruistelings met die Abessiniese kat, Siamese kat en streepkatte, maar hulle het nie soos ware maus gelyk nie. Hierdie katte het die basis geword van die Ocicat.

Egiptiese maus het ’n teken soos óf ’n kewer óf ’n "M" op hul voorkop. Laasgenoemde kom gewoonlik van die VSA af.Stephens, G. (1989) Legacy of the Cat, pp. 58-59.

Beskrywing duimnael|links|’n Silwer mau. Egiptiese maus is slank en gespierd. Hulle het anatomiese, metaboliese en gedragsverskille wat hulle uitsonder van ander rasse. Hulle het nie net kolle op hul pels nie, maar ook op hul vel. Dit is ’n antieke ras waarvan die voorkoms nie beduidend verander het nie, soos blyk uit kunswerke van meer as 3 000 jaar gelede. Ander rasse soos die Ocicat en Bengaalse kat se kolle is nie natuurlik nie, maar die gevolg van kruisteling. Die mau is ook baie kleiner as dié rasse.

Die kat se voorkoms is volgens The Cornell Book of Cats ’n "balans tussen die kompaktheid van die Birmaanse kat en die slanke elegansie van die Siamese kat. Sy medium-lengte-liggaam is gespierd met die agterpote langer as die voorstes, wat die mau laat lyk of hy op sy tone staan as hy regop staan.The Egyptian Mau Breed EgyptianMauBreed.com

Die Egiptiese mau is die vinnigste huiskat. Sy langer agterpote en ’n unieke flap (stuk vel) wat van die sy tot by die agterknie loop, maak hom ratser en laat hom langer treë gee. Daar is rekords van maus wat al vinniger as 58 km/h gehardloop het.

Maus se stemme is dikwels baie musikaal. Hulle kan tjirp en allerhande ander geluide maak as hulle gestimuleer word.Egyptian Mau behavior CatPage.info Hulle het ook ’n unieke dansie wat lyk soos ’n kat wat sy gebied afmerk, maar sonder om te urineer.The Egyptian Mau. The Cat Fancier's Association, Inc. Die mau is lojaal en vriendelik. Hulle is sensitief vir temperatuur en hou van warm plekke. Hulle bly na bewering 73 dae lank dragtig teenoor ander katte se 65-67 dae.

Maus kan vyf kleure hê (van die mees tot die mins algemene): silwer, brons, rookkleur, swart en blou/piouter.Number of Egyptian Maus registered Katte met laasgenoemde twee kleure kan nie geskou word nie, maar mag vir teeldoeleindes gebruik word. Maus moet groen oë hê, maar ’n amberkleurige skynsel is toelaatbaar in jong katte tot 18 maande oud.

Sien ook Lys van katrasse

Verwysings

Eksterne skakels Siegal, M., Cornell Feline Health Center (reds.) (1989) The Cornell Book of Cats: A Comprehensive Medical Reference for Every Cat and Kitten. Villard Books. Suider-Afrikaanse standaarde

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Katrasse