Die Skeurtandhaaie (Odontaspididae) is 'n kraakbeenvis-familie wat hoort tot die orde Lamniformes. Daar is twee genera met drie spesies wat hoort tot dié familie en twee van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke Die familie kom voor van die kus tot in dieptes van 1 600 m. Die boonste stertvin lob is langer as die onderste lob en die anale vin is naby die stertvin. Die familie het vyf paar kieu-splete en die grootte wissel van 3.1 - 4.3 m.
Genus Die volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Carcharias Carcharias taurus - Skeurtandhaai
Odontaspis Odontaspis ferox - Knopstert-skeurtandhaai
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Verwysings
Kategorie:Haaie