Die Sambokhaaie (Alopiidae) is 'n kraakbeenvis-familie wat hoort tot die orde Lamniformes. Daar is slegs een genus met drie spesies wat hoort tot dié familie en al drie die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Kenmerke Die uitstaande kenmerk van die familie is die buitengewone lang boonste lob van die stertvin en die onderste lob is kort. Die tweede dorsale en anale vinne is klein en die pektorale vinne is lank. Die tande is klein en daar is vyf pare kieue splete weerskante van die kop. Die familie kan tot 6 m lank word.

Genus Die volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Alopias Alopias pelagicus - Kleintand-sambokhaai Alopias vulpinus - Fynstert-sambokhaai Alopias superciliosus - Grootoog-sambokhaai

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Kategorie:Haaie