Vir die Ortodokse Kerk van Griekeland, sien Kerk van Griekeland. duimnael|235px|’n Grieks-Ortodokse kerk in Rotterdam. regs|270px|duimnael|Die Grieks-Ortodokse kerk in Dalview, Brakpan. Die Grieks-Ortodokse Kerk (Grieks: Ελληνορθόδοξη Εκκλησία) is ’n liggaam van verskeie kerkeConstantelos, Demetrios J. Understanding the Greek Orthodox Church, Holy Cross Orthodox Press 3de uitg. (28 Maart 2005) binne die groter Oosters-Ortodokse Kerk. Hulle deel ’n kulturele tradisie en dienste word tradisioneel in die Oud-Griekse vorm KoineConstantelos, Demetrios J. The Greek Orthodox Church: faith, history, and practice, Seabury Press, 1967 gehou wat die taal van die Nuwe Testament was.Wallace, Daniel B.: Zondervan, 1997.Stein, Robert H.: Westminster John Knox Press, 1994. Die huidige gebied van die Kerk sluit in Griekeland, Libanon, Siprus, Turkye, Jordanië, Israel, Egipte, Sirië, Albanië, Ethiopië en Italië.

Kerke Die kerke waarvoor die term "Grieks-Ortodoks" gebruik word, is: Die vier antieke patriargate: Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel Vier konstituerende kerke van die patriargaat van Konstantinopel: Aartsbisdom van Thyateira en Groot-Brittanje Grieks-Ortodokse Aartsbisdom van Italië Grieks-Ortodokse Aartsbisdom van Amerika Grieks-Ortodokse Aartsbisdom van Australië Grieks-Ortodokse Kerk van Alexandrië Grieks-Ortodokse Kerk van Antiogië Grieks-Ortodokse Patriargaat van Jerusalem Ortodokse Kerk van die Berg Sinai Twee Griekse nasionale kerke: Kerk van Griekeland Kerk van Siprus

Geskiedenis van die term Die naam Grieks-Ortodoks is histories ook gebruik vir al die Oosters-Ortodokse Kerke, aangesien die "Grieks" in "Grieks-Ortodoks" kan verwys na die Griekse erfenis in die Bisantynse Ryk.Byzantium in Encyclopedia of historians and historical writing Vol. 1, Kelly Boyd (ed.), Fitzroy Dearborn publishers, 1999 Peras, Edwin. The destruction of the Greek Empire and the story of the capture of Constantinople by the Turks, Haskell House, 1968 Die meeste van die groot intellektuele, kulturele en sosiale ontwikkelinge in die Christelike kerk het in die ryk of in sy invloedsfeer plaasgevind. Daarom is die grootste deel van die liturgie, tradisies en praktyke van die kerk van Konstantinopel deur almal aanvaar en dit verskaf steeds die basiese riglyne vir moderne Ortodoksie.Wybrew, Hugh. The Orthodox liturgy: the development of the eucharistic liturgy in the Byzantine rite, 1990 Die term "Grieks" is egter van so vroeg as die 10de eeu deur die Slawiese en ander nasionale Ortodokse kerke laat vaar.Hussey, Joan M. The Orthodox Church in the Byzantine Empire, 1990

Sien ook Oosters-Ortodokse Kerk

Verwysings

Kategorie:Christendom in Griekeland Kategorie:Oosters-Ortodokse Kerk