Vir die oorkoepelende liggaam van Grieks-Ortodokse kerke sien Grieks-Ortodokse Kerk. Die Kerk van Griekeland (Grieks: Ἐκκλησία τῆς Ἑλλάδος, Ekklisía tis Elládos) is ’n outokefale Oosters-Ortodokse Kerk wat in volle gemeenskap met die ander Oosters-Ortodokse kerke is. Die primaat van die kerk het die titel Aartsbiskop van Athene en die Hele Griekeland.

Die naam moenie verwar word met die term Grieks-Ortodokse Kerk, wat na verskeie kerke binne die Oosters-Ortodokse Kerk verwys, nie.

Die Kerk van Griekeland se gebied is beperk tot die land se grense voor die Balkan-oorlog van 1912–1913. Die res van Griekeland val onder die jurisdiksie van die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel. Vir praktiese redes word van laasgenoemde gemeentes de facto deur die Kerk van Griekeland geadministreer volgens ’n ooreenkoms met die Patriargaat van Konstantinopel.

Bibliografie Tomkinson, John L., Between Heaven and Earth: The Greek Church, Anagnosis (Athene, 2004) Typikon aanlyn http://www.e-typikon.com

Eksterne skakels Kerk van Griekeland op OrthodoxWiki Amptelike webtuiste

Kategorie:Christendom in Griekeland Griekeland