duimnael|regs|Luister na die getjirp van swaeltjies. duimnael|regs|Luister na die gesing van walvisse en dolfyne in Venezuela. duimnael|regs|Die blaf of bôgom van 'n Geelbobbejaan in Kenia

Dieregeluide is werkwoorde wat ingespan word om die geluide wat diere maak te beskryf. Die woorde is dikwels 'n nabootsing van die klank wat die diere uiter. Die interpretasie van hierdie geluide verskil egter van taal tot taal. Enkele voorbeelde ter illustrasie: Die voëls kwetter in die bome. As die leeu brul, staan die wêreld stil en luister.

Voorbeelde Van die verskillende geluide sluit in:Die Groot Geïllustreerde Ensiklopedie, Lewende Wêreld, Afdeling Diere bl. 84, 1996. Human & Rousseau

'n Aap blaf (babbel) 'n Akkedis piep. 'n Beer brom of grom. 'n Bees bulk. 'n Besie sing. 'n Bobbejaan blaf of bôgom. 'n Bok blêr, bê. 'n Bul bulkGroenewald, P.W.J. 1944. Praat en skryf Afrikaans: hulpboek vir Engelssprekende leerlinge. Shuter and Shooter Publishers: Pietermaritzburg. bl.152 of brul 'n By zoem of gons 'n By, brommer, vlieg of insekte – gons. 'n Donkie balk. 'n Duif koer, kir of roekoek. 'n Eend kwaak of snater. 'n Esel balk. 'n Gans gaggel, snater of blaas. 'n Haan kraai. 'n Hen kekkel of kloek. 'n Hiëna lag of huil. 'n Hond blaf, tjank, kef, grom, knor of huil. 'n Jakkals tjank of skree. 'n Kalkoen koel-koel. 'n Kanarie fluit. 'n Kangaroe hoes. 'n Kat miaau, spoeg, snor of spin. 'n Katvis blaas. 'n Kiewiet skree. 'n Koei loei of bulk 'n Korhaan skreeu. 'n Kraai of Raaf kras of krys. 'n Kriek kriek of tjir. 'n Kuiken piep. 'n Lam blêr. 'n Makou blaas. 'n Muis piep. 'n Meeu krys of gier. 'n Olifant trompetter of ronk. 'n Os bulk. 'n Padda kwaak. 'n Perd runnik. 'n Ratel snuif. 'n Renoster snork. 'n Slang sis. 'n Skaap blêr, bê. Sonbesies sing of skree. 'n Tier grom of brul. 'n Uil roep, hoe-hoe of steun. 'n Vark snork of knor. 'n Vink kwetter. 'n Volstruis brom. 'n Wildegans gier. 'n Wildsbok proes. 'n Wolf huil.Potgieter, J.S. & Van Rooyen, P.G. 1981. Die Suid-Afrikaanse leerlinggids. Vierde uitgawe. . Pretoria: Maskew Miller, bl. 88.

Sien ook Werkwoord, woorde wat die handeling (aksie) van 'n sin beskryf.

Verwysings

Kategorie:Akoestiek Kategorie:Diere