Die Gestreepte galjoen (Dichistius multifasciatus) kom voor in die suid- en ooskus van Suid-Afrika en ook aan Madagaskar. In Engels staan die vis bekend as die Banded galjoen. Die vis kan 'n lengte van tot 35 cm bereik en 1.7 kg swaar word. Die vis is bruin/swart met 15-20 bruin vertikale strepe en hou meer van die warmer waters. Kom voor in onstuimige rotsstrande.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronne Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Eksterne skakel

Fishbase

Kategorie:Beenvisse