Die dubbelbandvlindervis (Chaetodon marleyi) is 'n vlindervis wat aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika voorkom en is endemies aan Suider-Afrika. Die vis word 20 cm groot. Dit is silwerwit met drie vertikale strepe oor sy lyf en kom voor in koraal- en rotsriwwe in water wat 1–120 m diep is, terwyl onvolwassenes in getypoele voorkom. In Engels staan die vis bekend as die doublesah butterflyfish en dit kan oorleef in akwariums wat koeler as 24 °C is. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronne First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Chaetodon-marleyi.html
Kategorie:Beenvisse