Laingsnekpas is 'n bergpas in die Drakensberge net suid van Charlestown en Volksrust in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Beide die N11 nasionale pad en hoofspoorlyn tussen Durban en Johannesburg gaan hier oor die Drakensberg. Daar was verskeie veldslagte in die omgewing tydens die Eerste Vryheidsoorlog onder andere die Slag van Laingsnek.

Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967. Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Drakensberge Kategorie:KwaZulu-Natal