Soebatsfontein is 'n klein nedersetting in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Dit is noordoos van Hondeklipbaai en wes van Kamieskroon in Namakwaland.
Geskiedenis Die nedersetting se naam het ontstaan toe Hendrik Stievert in 1798 by die fontein in hegtenis geneem is deur Boesmans onder bevel van Barend Goeieman. Hendrik was toe die plaasvoorman van die weduwee Van der Westhuizen. Sy Khoikhoi veewagter het hom hoor soebat vir sy lewe - tevergeefs.
Vandag loop die grense van sewe plase by die fontein bymekaar.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bron B.P.J. Erasmus: Op Pad in Suid-Afrika. 1995.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap