Die Oeral (Russies: Урал; Kasaks: Жайық, Zjajik) is die derde langste rivier in Europa. Dit was voor 1775 bekend as die Jaïk (Russies: Яик).
Dit ontstaan in die suidelike Oeralgebergte, vloei deur Rusland en Kasakstan, en eindig in die Kaspiese See. Sy totale lengte is 2 428 km. Die Oeral en die Wolga is van die grootste riviere wat in die Kaspiese See loop.
Naam Die rivier was tot in 1775 bekend as die Jaïk. Op ’n kaart van Ptolemeus uit die 2de eeu n.C. is dit as die Jajykon aangedui. Die naam Jaïk is van Turkse oorsprong en word vandag nog amptelik in Kazachs en Basjkiries gebruik. Dit is ook soms in Europese dokumente die Rhymnus fluvius genoem.
Eksterne skakels
Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Ural River
Kategorie:Riviere in Kasakstan Kategorie:Riviere in Rusland