200px Gustav II Adolf

Koning van Swede

Handtekening 180px

Monogram 80px|center

Dinastie

80px|center Huis Wasa

Regeer 30 Oktober 1611 - 6 November 1632

Voorganger Karel IX

Opvolger Kristina

Eggenote Maria Eleonora van Brandenburg duimnael|links|220px|Gustav II Adolf se sarkofaag in die Riddarholmen-kerk te Stockholm Gustav II Adolf (* 9 Desember 1594 in Stockholm, † 6 November 1632 naby Lützen, Duitsland), het tussen 1611 en 1632 as koning van Swede geregeer. Hy word as die stigter van die Sweedse Ryk beskou wat tydens die sogenaamde Stormaktstiden of Goue Tydperk, danksy sy politieke vernuf en militêre bekwaamheid, tot 'n Europese groot moondheid ontwikkel het.

Hy het van Swede die voorste militêre mag in Europa tydens die Dertigjarige Oorlog gemaak; en sodoende 'n beslissende invloed op die balansering van die politieke en godsdienstige ewewig op die vasteland uitgeoefen. Hy word steeds as een van die grootste militêre bevelvoerders ooit beskou en lewer 'n bydrae tot die ontwikkeling van militêre strategie. Hy het sy belangrikste oorwinning in die Slag by Breitenfeld in 1631 behaal.

Danksy sy blink oorlogsmasjinerie met gesofistikeerde wapentuig, die uitstekende militêre opleiding van sy soldate en doeltreffende veldartillerie, wat deur 'n hoogs bekwame regering in sy tuisland en die stiptelike betaling van fakture gerugsteun is, was Gustav II Adolf een van Europa se beduidendste heersers.

Met sy ontydige afsterwe in die Slag by Lützen het sy regentskap tot 'n skielike einde gekom. Axel Oxenstierna (1583-1654), sy bekwame rykskanselier, het hom as politieke leier van Swede opgevolg. Hertog Bernhard von Sachsen-Weimar en Gustaf Karlsson Horn, graaf van Björneborg, het verder as opperbevelhebbers van die Sweedse magte gefungeer.

Kategorie:Geboortes in 1594 Kategorie:Sterftes in 1632 Kategorie:Sweedse monarge