Harry Frederick Oppenheimer (* 28 Oktober 1908 in Kimberley; † 19 Augustus 2000 in Johannesburg) was 'n prominente Suid-Afrikaanse besigheidsman en een van die rykste mense ter wêreld.
Oppenheimer was die seun van May Pollack en Ernest Oppenheimer. Hy is gebore in 'n geassimileerde Joodse familie van Duitse oorsprong in Kimberley, die oorspronklike gebied waar diamante gemyn is, maar leef vir die grootste deel van sy lewe in Johannesburg. Toe hy dertien word het hy 'n formele Bar mitzvah-seremonie in 'n sinagoge in Kimberley ontvang, maar neem die Christelike geloof met sy troue aan.
Nadat hy laerskool in Johannesburg voltooi het, gaan hy skool by die Charterhouse School in Engeland. Daarna skryf hy in aan Christ Church, Universiteit van Oxford en gradueer in 1931 in filosofie, politiek en ekonomie.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1908 Kategorie:Sterftes in 2000 Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Suid-Afrikaanse Jode Kategorie:Suid-Afrikaanse Vrymesselaars