duimnael|links|Genl. Jan Christian Smuts en sy kabinet in 1923. Voor: sir Thomas Watt, sen. F.S. Malan, Smuts, sir Thomas Smartt en mnr. Henry Burton. Agter: Sen. Nicolaas Jacobus de Wet, kol. Deneys Reitz, sir Patrick Duncan, mnr. John William Jagger en kol. Hendrik Mentz.

Nicolaas Jacobus de Wet (plaas Mooifontein, distrik Aliwal-Noord, 11 September 1873 – Pretoria, 16 Maart 1960) was 'n Suid-Afrikaanse kabinetsminister, hoofregter, waarnemende goewerneur-generaal en van 1943 tot 1951 kanselier van die Universiteit van Suid-Afrika.Unisa se vorige kanseliers. URL besoek op 20 Junie 2013.

De Wet verwerf in 1893 'n graad aan die Victoria-kollege en gaan na die Universiteit van Cambridge om in die regte te studeer. Hy vestig hom drie jaar later in Kaapstad as advokaat toe hy lid van die Kaapse balie word.

In September 1913 tree hy toe tot die politiek, word verkies tot Volksraadslid vir Wakkerstroom en word minister van justisie, wat hy bly tot 1924. Later verteenwoordig hy die kiesafdeling Potchefstroom. In 1921 word hy tot senator benoem en bly in die Senaat tot 1929. In 1932 word hy as regter in Transvaal aangestel.

De Wet is in 1935 benoem tot voorsitter van die Nasionale Parkeraad en in 1937 aangestel as appèlregter, voor hy op 15 Julie 1939 aangestel word as hoofregter. Van 1942 af vervul hy die pligte van die goewerneur-generaal as amptenaar belas met die uitvoerende gesag, maar hoewel hy meer as een keer die pos van voltydse goewerneur-generaal aangebied is, weier hy dit telkens.

In 1943 tree hy af as hoofregter en dien van daardie jaar tot in 1951 as kanselier van die Universiteit van Suid-Afrika. Hy sterf in 1960 in Pretoria. Die Johannesburgse voorstad Dewetshof is sowat ses jaar tevore na hom genoem.

Verwysings

Bronne Albertyn, dr. C.F. (red.) 1962. Die Afrikaanse Kinderensiklopedie. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg: Nasionale Boekhandel Bpk. Rosenthal, Eric. 1978. Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town and Johannesburg: Juta and Company Limited.

Sien ook Hoofregter van Suid-Afrika

Kategorie:Politici van die Verenigde Party Kategorie:Goewerneurs-generaal van Suid-Afrika‎ Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van justisie Kategorie:Hoofregters van Suid-Afrika Kategorie:Geboortes in 1873 Kategorie:Sterftes in 1960 Kategorie:Afrikaners