duimnael|regs|250px|Die Katsedam met inlaattoring duimnael|regs|250px|Die Asrivieruitval noord van Clarens Die Lesotho-Hoogland-waterprojek (Engels: Lesotho Highlands Water Project, Sesotho: metsi a lihlaba) is 'n projek wat water vanaf die berge in Lesotho via 'n reeks damme en tonnels na die Vaalrivierstelsel verplaas. Van die damme wat reeds voltooi is: Katsedam Mohaledam Mueladam
Fase (1A) Fase 1A is die voltooiing van die Katsedam in die Malutiberge, 'n 82 km lang oordrag- en afleweringstonnel. Die water word in die Asrivier afgelewer teen 'n tempo van 17m³ per sekonde. Dié fase is in 1998 in diens gestel. Die tonnel mond uit in die Asrivier net buite Clarens op die Bethlehempad.
Fase (1B) Fase 1B het die voltooiing van die Mohaledam, 'n 32 km lang oordragtonnel tussen die Mohale- en Katsedamme behels. Dit sluit ook die konstruksie van die Mueladam, met 'n 19 m-hoë wal, in.https://www.tcta.co.za/case-study/lesotho-highlands-water-project/ Na afloop van bouwerk tydens fase 1A en 1B word daar jaarliks 780 miljoen m³ water aan die Vaalrivierstelsel gelewer.
Fase II Die tweede fase van die projek het in 2020 afgeskop. Dit sluit die voltooiing van die Polihalidam in, in Lesotho. Die Trans-Caledon-tonnelowerheid skat dat die bouwerk in hierdie fase rondom R32,6 miljard sal beloop. Na afloop van die tweede fase sal 'n bykomende 465 miljoen m³ water aan die Vaalrivierstelsel gelewer word. Volgens die Trans-Caledon-tonnelowerheid sal hierdie fase R32,6 miljard kos om te bou.
Algemeen Elke dekade word die pypleidings hersien, en dan word die watertoevoer vir twee maande lank afgesluit. 'n Hoër watervoorraad word dan in die Vaaldam opgegaar om aan die Gauteng-gebied te voorsien. Volgens Lesotho se Hooglandontwikkelingsowerheid is daar in die 21 jaar vanaf Januarie 1998 tot April 2019 sowat 15 miljard kubieke meter water aan Suid-Afrika gelewer.
Verwysings
Bronnelys Deacon, John: Die dambouers. In: Suid-Afrikaanse Panorama. Jaargang 36, nr. 2, Maart/April 1991. ISSN 0491-4783 Trans-Caledon-tonnelowerheid
Kategorie:Ekonomie van Suid-Afrika Kategorie:Gauteng Kategorie:Geografie van Lesotho Kategorie:Water