Yukikaze (雪風, Afr: "Sneeuwind") was 'n torpedojaer van die Japannese Keiserlike Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit het 2 033 ton water verplaas en twee turbines van 52 000 skeepsperdekrag het 'n snelheid van 35,5 knope verseker. Hy was toegerus met ses 5-duim kanonne en agt 24-duim torpedobuise. Die Yukikaze het die onderskeiding behaal dat hy aan feitlike elke seeslag in die Stille Oseaan deelgeneem het sonder om self getref te word.

Bron The Encyclopedia of Sea Warfare. Spring Books. 1975.

Kategorie:Skepe betrokke in Tweede Wêreldoorlog