duimnael|links|300px|Kampsbaai vanaf Tafelberg.
Kampsbaai is 'n welgestelde voorstad en vakansieoord in Kaapstad in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit vorm 'n klein baai aan die weskus van die Kaapse Skiereiland waarna dit vernoem is. Dit is een van 10 voorstede wat die stad se Atlantiese kuslyn vorm. In die somer lok Kampsbaai baie plaaslike inwoners en buitelandse besoekers. Die Twaalf Apostels, deel van die Tafelbergreeks, kyk oor Kampsbaai uit, n die strand is as 'n blouvlagstrand gesertifiseer.
Geskiedenis Die eerste inwoners van Kampsbaai was die San (jagter-versamelaars) en die Goringqhaique, Khoi-veeboere. Toe Jan van Riebeeck 'n verversingstasie vir die VOC (Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie) gestig het, was die Twaalf Apostels bedek met woude met leeus, luiperds en wildsbokke.
In kompetisie met die meer onlangse setlaars het die Gringqhaique hul weivelde op die suidoostelike hange van Tafelberg verloor en in 1657 is hulle tot Kampsbaai beperk. Teen 1713 was die aantal Gringqhaique-bevolkings deur masels en pokke verminder. Al wat van hul nedersetting oorgebly het, was 'n ou kraal (Oudekraal).
Die gebied is toe aan John Lodewyk Wernich toegeken en van vader na seun oorgedra. Johan Wernich is getroud met Anna Koekemoer, wat met sy dood in 1778 met Fredrick Ernst von Kamptz, 'n matroos, getrou het en die gebied het bekend geword as "Die Baai van von Kamptz". Die voorstad is genoem na Von Kamptz 'n amptenaar van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie aan wie die plaas Ravensteyn, langs Kloofnek, behoort het.
Kampsbaai is vroeër gebruik as 'n kuswoning vir menige vroeëre Britse goewerneurs. The Round House, onderkant Kloofnek, was lord Charles Somerset se jaghuis. Vir die grootste deel van die 1800's was Kampsbaai onontwikkeld. Kloofnekweg is in 1848 gebou en in 1884 is Thomas Bain opdrag gegee om 'n pad van Seepunt na Kampsbaai te bou met behulp van bandietarbeid. Die pad is in 1887 voltooi en Victoriaweg genoem ter ere van Koningin Victoria se jubileum in 1888. Die pad het mense toegelaat om per fiets na Kampsbaai te ry, wat gewild geword het as 'n piekniekplek. Dit het gelei tot die ontwikkeling, in 1901, van die Kampsbaai-trem om mense vir die dag uit te bring en daarmee saam die ontwikkeling van die getypoele, die Rotunda (nou die Bay Hotel) en 'n paviljoen vir konserte en vertonings. Kampsbaai was eers deel van Woodstock se munisipaliteit. Sy vooruitgang het begin met die bou van 'n tremlyn om Leeukop in 1902. Dit is sedertdien deur busse vervang. Kampsbaai het deel geword van Kaapstad in 1913 toe verskeie klein munisipaliteite saamgesmelt het, hoewel dit steeds as 'n ontspanningsgebied eerder as 'n residensiële gebied beskou is.
Verwysings
Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Eric Rosenthal 1967
Kategorie:Voorstede van Kaapstad