Schoemanshoek is 'n nedersetting op die R328 streekroete tussen Oudtshoorn en die Swartberg in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie lê aan die Grobbelaarsrivier in 'n vallei waar tabak, lusern en sagtevrugte gekweek word. Die plekkie is net suid van Schoemanspoort op dieselfde pad.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bron B.P.J. Erasmus Op Pad in Suid-Afrika. 1995.
Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap