duimnael|links|Stefan Kuryłowicz: Centrum Królewska-kantoorgebou in Warskou duimnael|links|Stadion Miejski in Białystok Stefan Marian Kuryłowicz (* 26 Maart 1949 in Warskou; † 6 Junie 2011 in Asturië, Spanje) was een van die mees toonaangewende argitekte in post-kommunistiese Pole.

Kuryłowicz, wat as dosent by die Warskouse Universiteit van Tegnologie werksaam was, het veral bekendheid met sy moderne sakegeboue van staal en glas verwerf wat die stadshorison van Warskou ná dekades van monotone kommunistiese argitektuur ingrypend verander het. In die vroeë 21ste eeu het hy ook 'n aantal woonstelblokke ontwerp.

Kuryŀowicz het in 1972 sy graad in argitektuur aan die Warskouse Universiteit van Tegnologie behaal. In 1983 het hy sy eie ateljee gestig en in die 1990's en vroeë 21ste eeu een van Pole se invloedrykste argitekte geword. Hy was 'n lid van die Raad vir Argitektuur en Ontwikkeling wat advies aan die burgemeesteres van Warskou, Hanna Gronkiewicz-Waltz, gelewer het.

Kuryłowicz is op 6 Junie 2011 saam met drie ander Poolse burgers in 'n vliegtuigongeluk in Asturië dood.www.nuus24.com: Pole se top-argitek verongeluk in Spanje, 7 Junie 2011 Hy is oorleef deur sy vrou en twee seuns.

Verwysings

Eksterne skakels

apaka.com.pl

Kategorie:Poolse argitekte Kategorie:Geboortes in 1949 Kategorie:Sterftes in 2011