Die jaar 772 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 72ste jaar van die 8ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.

Gebeure Karel die Grote begin sy lang stryd teen die Saksers. Karel, die koning van die Franke beveel die vernietiging van die Irminsul die heiligdom van die heidense Sakse.Charlemagne: The Life and Times of an Early Medieval Emperor The Rosen Publishing Group, 2005, , 9 Februarie – Pous Adrianus I volg Pous Stefanus III op. Koning Desiderius van die Langobarde probeer om sy goeie betrekkinge met die nuwe pous voort te sit, maar word berispe. Daar is geen kans om Karloman se seuns nou tot konings van die Franke te laat verhef nie.

Geboortes

Sterftes 24 Januarie – Pous Stefanus III, die 94ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±720).

Verwysings

Kategorie:8ste eeu