Die Grootdraaidam is geleë in die Vaalrivier, 10 km oos van Standerton. Die dam is in 1982 voltooi. Die wal is 2 180 m lank en 42 m hoog. Die dam het 'n bakmaat van 364 miljoen m3 en 'n oppervlakte van 5 500 ha wanneer dit vol is. Die dam is hoofsaaklik gebou om water aan Sasol 2 en 3 asook Mpumalanga se steenkoolkragsentrales te verskaf.

Riviere wat in die dam vloei Boesmanspruit Blesbokspruit Kaalspruit Wolwespruit

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. Bl 171. 1995.

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Mpumalanga