duimnael|links|Schöneberg-kampus duimnael|links|Gebou op die Friedrichsfelde-kampus Die Hochschule für Wirtschaft und Recht (HWR) Berlin, Engels amptelik Berlin School of Economics and Law, is 'n publieke Fachhochschule ('n soort technikon of universiteit vir toegepaste wetenskappe) in die Duitse hoofstad Berlyn wat op 1 April 2009 met die samesmelting van twee oorspronklik selfstandige akademiese instellings, die Fachhochschule für Wirtschaft (FHW) Berlin en die Fachhochschule für Verwaltung und Rechtspflege (FHVR) Berlin, ontstaan het.
Die HWR Berlin fokus met sy vyf departemente en drie institute op bedryfsekonomie en ekonomie, publieke administrasie, ingenieurswese, regswetenskappe en veiligheidswese. Die studentetal het in Desember 2011 op 9 429 gestaan.
Die HWR Berlin beskik tans oor twee kampusse in die Berlynse stadsdele Schöneberg (sentrale administrasie, Departement van Ekonomiese Wetenskappe en die Institute of Management Berlin, IMB) en Friedrichsfelde (vier departemente, afstandsonderrig, Instituut vir Administratiewe Modernisering en Polisiedienshervorming in Sentraal- en Oos-Europa).
Eksterne skakels
Amptelike webtuiste van die HWR Berlin
Kategorie:Duitse universiteite Kategorie:Geboue en strukture in Berlyn