Leopold II (Leopold Ludwig Philipp Maria Viktor; Prins van Sakse-Koburg en Gotha; 9 April 1835 - 17 Desember 1909) was die tweede Koning van die Belge vanaf 17 Desember 1865 tot met sy afsterwe.
Leopold was die stigter en monarg van die Kongo-Vrystaat, 'n "soewereine staat" in Afrika, 1885-1908, maar in 1908 het hy dit aan België afgestaan.
Sy kinders was Louise Marie, Leopold van Brabant, Stéphanie en Clémentine.
Hy is in Brussel gebore en het in Laeken gesterf.
Kategorie:Belgiese konings Kategorie:Diktators Kategorie:Geboortes in 1835 Kategorie:Sterftes in 1909