Mechelen (Frans: Malines) is 'n Belgiese stad in die suidweste van die Vlaamse provinsie Antwerpen, aan die grens met die provinsie Vlaams-Brabant. Die munisipale gebied het 'n oppervlakte van 65 km² en sowat 82 000 inwoners (2011).

Mechelen lê aan die Dyle-rivier en grens aan die munisipaliteite Willebroek, Rumst, Sint-Katelijne-Waver, Bonheiden, Boortmeerbeek, Zemst en Kapelle-op-den-Bos. Die stad beskik oor 'n spoorwegstasie wat verbindings na Antwerpen, Brussel, Leuven, Dendermonde en Gent bied.

Die historiese huise langs die Dyle, die IJzerenleen (straat) en die Groot Markplein in die historiese stadsentrum lok besoekers. Die stad het baie besienswaardighede. Die Middeleeuse Lakenhal en Sint-Rombouts-katedraal is deur UNESCO as wêrelderfenis aangewys, terwyl die museum vir die kulturele genot van besoekers is.

Daar is verskeie hotelle en restaurante.

Die Sint-Rombouts-katedraal se toring is 97,28 meter hoog. Mechelen is die setel van 'n Rooms-Katolieke aartsbiskop.

In die 9de eeu word die streek van Mechelen deur die Wikings geplunder. Die stad het eers in die 11de eeu ontstaan. Karel die Stoute, hertog van Boergondië, vestig in 1473 die rekenkamer en die parlement (groot raad) in die stad.

Besienswaarighede Sint-Rombouts-katedraal met skildery van Antoon Van Dyck Onze-Lieve-Vrouw-over-de-Dijlekerk met skildery De wonderbare visvangst van Peter Paul Rubens Museum Schepenhuis uit die 14de eeu Hof van Busleyden Stadhuis (UNESCO-wêrelderfenis)op die Groot Markplein Op die Groot Markplein staan die huis In het Haentien (1773) met gewel in Lodewyk XV-styl met 'n vergulde haan op die spits van die gewel. Tivoli park Brusselpoort Grote Markt Het Hof van Savoye die Klein Begijnhof die Groot Begijnhof Technopolis Dossinkazerne

Geboortes Rembert Dodoens (1517–1585), dokter Rik Wouters (1882-1916), skilder

Eksterne skakels Die amptelike webwerf van die munisipaliteit amptelike webwerf toerisme Mechelen

Kategorie:Munisipaliteite in Antwerpen (provinsie) Kategorie:Nedersettings in Antwerpen (provinsie) Kategorie:Stede in Vlaandere Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in België