Port Edward is 'n kusdorp in suidelike KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die Mtamvunarivier, die grens tussen KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap is 4 km suid van Port Edward.

Geskiedenis TK Pringle het in 1925 grond gekoop om daarop af te tree. Hy het dit Banner Rest gedoop. Die dorpie wat later uitgelê is, is Port Edward genoem ter ere van die Prins van Wallis, wat later koning Edward III geword het.

Besienswaardigheid Daar is skulpneerslae by Mzambastrand, naby die mond van die Mzambarivier, wat tot wetenskaplike en natuurlike monumente verklaar is. Dit is sowat 10 km suid van Port Edward.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika Rooi Woestyn die kleinste woestyn ter wêreld, geleë naby Port Edward.

SA Explorer Port Edward afstande

Bronne

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal Kategorie:Kusstede