Die rooiborslaksman, Laniarius atrococcineus, is 'n insekvretende, kleurvolle voël met 'n karmosynrooi bors, maar in uitsonderlike gevalle 'n gele. Atrococcineus beteken swartrooi. Dit is 'n bosveldvoël wat in doringveld, dikwels in droër sanderige omgewings in suidelike Afrika voorkom.

Die swartkoekoek, 'n broeiparasiet, gebruik onder andere hierdie voël as broeigasheer vir sy kleintjies.

Kortlikse identifikasie

Grootte Groter as 'n gewone mossie, kleiner as 'n tortelduif.

Snawel Donker, stewige, inseketer vorm, met 'n haak aan die punt van die bo-mandibel.

Pote Donker met drie tone vorentoe, een agtertoon en lang, krom toonnaels.

Veredos Karmosynrooi onder, swart bo met wit strepe in die vlerke.

Gewoontes Toer wippende op die grond en deur die takke van bome.

Habitat Bosveld, doringveld, dikwels droër, sanderige omgewings.

Geluid Duidelike, deurdringende roep wat ver dra.

Status Algemeen

Kan verwar met Geen.

Identifikasie Mate Groter as 'n gewone mossie, kleiner as 'n tortelduif.

Lengte 22-23 sentimeter.

Gewig 48 gram.

Snawel Blinkswart, stewige, inseketer vorm, met 'n haak aan die punt van die bo-mandibel.

Pote Swart met drie tone vorentoe, een agtertoon en lang, krom toonnaels. Tarsus sigbaar, onderste stukkie van tibia is sigbaar, maar met swart veertjies bedek.

Veredos Manlik Karmosynrooi keel, -bors, -pens en –onderstertdekvere. Swart agterkop, -rug, -kruis, -bo-stertdekvere. Vlerke is swart met duidelike wit strepe op die vlerke.

Vroulik Soos manlik.

Gewoontes Een of twee toer wippende op die grond en deur die takke van bome.

Habitat Bosveld, doringveld, dikwels droër, sanderige omgewings. Kompeteer dikwels met die fiskaallaksman vir habitat.

Geluid Duidelike, deurdringende roep wat ver dra.

Status Algemeen

Verspreiding Suidwes Angola, Namibië, Botswana, Noord-Kaap: noord van die Oranje-rivier, Noordwes, Limpopo, noord en wes Mpumalanga, Gauteng, noord- en wes-Vrystaat.

Kos Insekte

Kan verwar met Geen.

Naam Latyn Laniarius atrococcineus

Engels Crimsonbreasted Shrike/Gonolek

Ou identifikasie nommer 739

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bronnelys Maclean, Gordon Lindsay Roberts’ Birds of Southern Africa. John Voelcker Bird Book Fund, Kaapstad, 1985. Newman, Kenneth Newman se Voëls van Suider-Afrika. Southern Boekuitgewers (lid van New Holland Struik Groep), Halfweghuis, 1991. Sinclair, Ian, Hockey, P.A.R., Arlott, Norman The larger illustrated guide to birds of southern Africa. Struik Publishers (lid van New Holland Uitgewers), Kaapstad, 2005

Kategorie:Boslaksmanne Kategorie:IUBN Rooilys veilige spesies Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin