Schoeman of Schoemans kan verwys na:

Mense Beaumont Schoeman, Suid-Afrikaanse joernalis en skrywer. Emsie Schoeman, "Mevrou Etiket", Suid-Afrikaanse aktrise en skrywer. Gustav Schoeman Preller, joernalis, historikus, taalstryder, kultuurman, skrywer en literêre kritikus. Johan "Haas" Schoeman, flank van die Westelike Provinsie wat vir die Springbokke gespeel het. Karel Schoeman (1939–2017), Afrikaanse skrywer. Roger H. Schoemans, Vlaamse joernalis en skrywer. Roland Mark Schoeman, Suid-Afrikaanse swemmer. Stephanus Schoeman, waarnemende Staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek van 6 Desember 1860 tot 17 April 1862. Twee Schoemans het aan die Slag van Bloedrivier deelgeneem.

Plekke Schoemansdal, voormalige dorp in die Noord-Transvaal. Schoemansdrift, 'n brug oor die Vaalrivier naby Vredefort Schoemanshoek, dorp in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Schoemanskloofpas‎, bergpas naby Nelspruit. Schoemanspoort, poort op die R328-streekroete tussen Oudtshoorn en die Swartberg in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Schoemansville, dorp by die Hartbeespoortdam, later hernoem na Hartbeespoort.

Kategorie:Vanne Kategorie:Afrikaanse vanne