Die Westpacstadion (vroeër bekend as die WespacTrust Stadion) is 'n sportstadion in Wellington, Nieu-Seeland. Weens die stadion se vorm en silwerkleurige omhulsel staan die stadion in volksmond bekend as Die Koekblik.

Geriewe en benutting duimnael|links|Lugbeeld van die Westpacstadion en CentrePort Wellington in 2015 duimnael|links|NZ Army-prestasie op Westpac-stadion in 2012 Dit is 'n veeldoelige stadion wat hoofsaaklik vir sportgebeurtenisse aangewend word. Dit is die tuiste van die Wellington Leeus-rugbyspan wat aan die ITM-beker deelneem. Dit is ook die primêre tuisveld van die Hurricanes wat aan Superrugby deelneem. Verder is die stadion ook die gasheer vir die Wellingtonse toernooi in die jaarlikse IRR Sewes Wêreldreeks vir nasionale sewesrugbyspanne. Die All Blacks speel ook gereeld van hulle internasionale wedstryde op die Westpacstadion.

Die Westpacstadion is ook die tuisveld van die sokkerklub Wellington Phoenix met die ondersteuners van die Phoenix wat na die stadion as die Ring of Fire verwys. Die Nieu-Seelandse nasionale sokkerspan (die All Whites) speel ook dikwels hier in internasionale wedstryde waaronder die kwalifiserende wedstryd teen Bahrein vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 wat Nieu-Seeland 1–0 gewen het. 'n Ander was die kwalifiserende wedstryd teen Meksiko vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 wat Meksiko met 4–2 gewen het.

Die stadion is ook reeds gebruik vir rugby leaguewedstryde. Vertoonwedstryde tussen spanne van die Australiese Voetballiga is in 2000 en 2001 op die Westpacstadion gespeel.

Krieket word dikwels gedurende somermaande op die stadion gespeel. Ander fasiliteite sluit in die Nieu-Seelandse Instituut vir Sport asook 'n kampus vir die Wellingtonse Krieketskool wat deur die Wellingtonse Krieketvereniging beheer word. Dit is tydens die Krieketwêreldbeker 2015 vir vier wedstryde gebruik. Dit was ook een van die gasheerstadions tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2023.

Galery

Wedstryde Rugbywêreldbeker 2011

DatumTyd (NZST)Span 1TellingSpan 2RondteToeskouers 11 September 2011 20:30 17–16 Groep D 33 331 17 September 2011 18:00 49–3 Groep D 33 262 23 September 2011 20:30 67–5 Groep C 33 824 25 September 2011 20:30 13–12 Groep B 26 937 1 Oktober 2011 18:00 14–19 Groep A 32 763 2 Oktober 2011 15:30 79–15 Groep A 37 665 8 Oktober 2011 18:00 10–22 Kwarteindrondte 35 787 9 Oktober 2011 18:00 9–11 Kwarteindrondte 34 914

Krieketwêreldbeker 2015

Rugbyliga-toetswedstryde Datum Teenstaander Telling Toeskouers Deel van 13 Julie 2001 10–28 26 580 12 Oktober 2002 24–32 25 015 11 November 2006 Groot-Brittanje 34–4 16 401 2006 Drienasies 11 Oktober 2007 0–58 16 681 23 Oktober 2010 24–10 20 324 2010 Viernasies 12 November 2014 22–18 25 093 2014 Viernasies-eindwedstryd

Vrouesokkerwêreldbeker 2023

DatumTyd (NZST)Span 1TellingSpan 2RondteToeskouers 21 Julie 2023 19:30 3–0 Groep C 22 966 23 Julie 2023 17:00 2–1 Groep G 18 317 25 Julie 2023 17:30 0–1 Groep A 32 357 27 Julie 2023 13:00 1–1 Groep E 27 312 29 Julie 2023 19:30 5–0 Groep G 29 143 31 Julie 2023 19:00 4–0 Groep C 20 957 2 Augustus 2023 19:00 3–2 Groep G 14 967 5 Augustus 2023 20:00 3–1 Agtste eindrondte 33 042 11 Augustus 2023 13:00 2–1 (e.t.) Kwarteindrondte 32 021

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf WestpacStadium op ESPNcricinfo

Kategorie:Krieketstadions in Nieu-Seeland Kategorie:Krieketwêreldbekerstadions Kategorie:Rugbystadions in Nieu-Seeland Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Sokkerstadions in Nieu-Seeland Kategorie:Wellington Kategorie:Vrouesokkerwêreldbekerstadions