Sir Peter Alexander baron von Ustinov (Londen, Verenigde Koninkryk; 16 April 1921 – Genève Switserland; 29 Maart 2004) was 'n Britse akteur, skrywer en dramatikus.

Biografie duimnael|links|upright|Peter Ustinov duimnael|links|upright|as Nero in Quo Vadis (1951) duimnael|links|upright|in The Sundowners (1960) Ustinov is gebore as kind van 'n Russies-Duitse vader en 'n Franse moeder. Hy begin sy studies by die Westminster School (1934-1937) en studeer daarna by die London Theatre Studio (1937-1939) International Dictionary of Films and Filmmakers, Volume 3: Actors and Actresses, 4th ed. St. James Press, 2000.

Hy maak sy debuut as toneelspeler in 1938 en maak gou naam as 'n akteur. Na sy militêre diens gedurende die Tweede Wêreldoorlog brei hy sy werksaamhede verder uit en begin skryf; sy eerste sukses op hierdie gebied kom in 1951 met The Love of Four Colonels. Sy loopbaan as dramatikus verloop parallel met sy akteurswerk -- sy bekendste werk was Romanoff and Juliet in 1956.

Van sy bekendste filmrolle sluit in Captain Vere in Billy Budd (1962), Lentulus Batiatus in Spartacus (1960); hy vertolk ook die rol van Hercule Poirot, "master detective", in die gelyknamige filmreeks (6 rolprente) gebaseer op die boeke van Agatha Christie. Die eerste hiervan is Death on the Nile (1978). Sy outobiografie Dear Me in 1977 is ook goed ontvang.

Daarnaas doen Ustinov ook "stemme". Hy is die stem van Prins Johnn in die Walt Disney-film Robin Hood. Hy is ook ingespan as stem vir Doctor Snuggles.

Gedurende sy loopbaan kry hy twee Oscars vir beste manlike byrol, een in 1961 vir sy rol in Spartacus en een vier jaar later vir sy rol in Topkapi. Hy word ook twee keer genomineer vir die byrol van Keiser Nero in Quo Vadis en vir die draaiboek van die film Hot Milions in 1968. "Peter Ustinov." Newsmakers, Issue 3. Thomson Gale, 2005

Miklós Rózsa, 'n komponis en vriend, het sy String Quartet no 1, Op. 22 (1950) aan Ustinov opgedra.

Ustinov praat vloeiend Engels, Frans, Duits, Italiaans, Russies en Spaans. Daarnaas kon hy ook Turks en moderne Grieks praat. Hy het selfs enkele Nederlandse woorde gebruik met verskynings op Nederlandse televisie.

Hy word in 1990 deur Koningin Elizabeth II tot ridder geslaan. duimnael|Die graf in 2024. In 2002 gaan Sir Peter Ustinov op 'n UNICEF-missie na Berlyn om vir die eerste keer na die sirkel van verenigde vriendskapsbere (United Buddy Bears) te kyk. Die vriendskapsbere is 'n simbool vir 'n vreedsamer wêreld tussen nasies, kulture en gelowe. Hy was vasbeslote om te verseker dat Irak ook verteenwoordig sou word in hierdie sirkel van sowat 140 lande. In 2003 open hy (as die beskermheer) die tweede uitstalling van vriendskapsbere in Berlyn.

Ustinov het sy laaste rusplek by die begraafplaas van Bursins in die Switserse kanton Vaud gevind. Sy grafplaat dra 'n kruis - ondanks sy selfidentifikasie as 'n sekulêre humanis - en die inskripsie:« SIR PETER USTINOV

1921-2004

Writer-Actor-Humanist

Musicien-Membre de l'Institut »

Verwysings

Eksterne skakels

Peter Ustinov op die Internet-rolprentdatabasis

Kategorie:Britse akteurs Kategorie:Britse dramaturge Kategorie:Britse joernaliste Kategorie:Britse kunstenaars Kategorie:Britse skrywers Kategorie:Draaiboekskrywers Kategorie:Komediante Kategorie:Ontwerpers Kategorie:Regisseurs Kategorie:Rolprentvervaardigers Kategorie:Televisieaanbieders Kategorie:Geboortes in 1921 Kategorie:Sterftes in 2004 Kategorie:Engelse dramaturge