John Andrew Boehner [ˈbeɪnɚ] (* 17 November 1949 in Reading, Hamilton County, Ohio) is 'n Amerikaanse politikus van die Republikeinse Party en vanaf 1991 tot 2015 lid van die Huis van Verteenwoordigers (House of Representatives).
Vanaf 2 Februarie 2007 het hy die amp van Republikeinse minderheidsleier in die Huis van Verteenwoordigers beklee. Ná die Republikeinse oorwinning in die middeltermyn-Kongresverkiesing van 2010 fungeer hy sedert Januarie 2011 as Speaker (voorsitter) van die Huis van Verteenwoordigers. Op 25 September 2015 het hy sy aftreding van die pos as voorsitter van die Huis van Verteenwoordigers aangekondig. Op 29 Oktober 2015 is Paul Ryan as nuwe voorsitter van die Huis van Verteenwoordigers gekies.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1949 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse entrepreneurs